+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Nuusbrief

Nuusbrief

Graad 1: ’n Jaar van pure verwondering

Graad 1 is veel meer as net ’n skooljaar; dit is ’n reuse-mylpaal vir elke gesin wat gekenmerk word deur ’n tasbare sin van verwondering. Vir die klein leerders is alles nuut en opwindend, van die groot tasse op hul rûe tot die nog groter kinders op die speelgrond.  Hierdie

LEES MEER »
Nuusbrief

Die noodsaaklikheid van die korrekte potloodgreep

By ons kleuterskool heg ons groot waarde aan die ontwikkeling van elke kind as ’n geheel — liggaamlik, emosioneel, sosiaal en kognitief. Een van die belangrikste boustene vir latere skryfvaardigheid is die korrekte potloodgreep. Alhoewel dit op ’n vroeë ouderdom eenvoudig mag voorkom, speel die wyse waarop ’n kind ’n

LEES MEER »
Nuusbrief

Personeelsamesprekinge vir die Hoërskool

Age of Opportunity – Paul David Tripp Waarom hierdie boek vir hoërskoolonderwysers waardevol is: Paul David Tripp se Age of Opportunity: A Biblical Guide to Parenting Teens is veel meer as net ’n ouerskapboek. Dit is ‘n Bybels-gefundeerde gids om die wêreld van die tiener beter te verstaan. Tripp help

LEES MEER »
Nuusbrief

Personeelsamesprekinge vir die Kleuter- en Laerskool

Herderskap van ’n kinderhart, Tedd Tripp. Waarom hierdie boek vir kleuter- en laerskoolonderwysers waardevol is: By die laerskool is ons bevoorreg dat Tedd Tripp se Shepherding a Child’s Heart in Afrikaans vertaal is. Herderskap van ’n kinderhart is ’n bekende boek oor Christelike opvoeding. Al is dit oorspronklik geskryf met

LEES MEER »
Nuusbrief

Die noodsaak van personeeltoerusting

Om ’n onderwyser te wees, is geen geringe taak nie. Dit vra veerkragtigheid, deursettingsvermoë, geduld, liefde vir kinders, wysheid en deeglike kennis. Hierdie basiese toerusting ontvang onderwysers tydens hul opleiding; ná die verwerwing van ’n onderwyskwalifikasie word hulle as bekwaam beskou om te onderrig. By GSDP glo ons egter dat

LEES MEER »
Nuusbrief

Die noodsaaklikheid van teken by kleuters

Kleuters is nuuskierig en leergierig. Net soos hulle buite in die sand en water speel en ontdek, eksperimenteer hulle ook met kryte wanneer hulle teken. Terwyl hulle ontdek wat daar gebeur wanneer ’n kryt in alle rigtings op papier beweeg, vind daar ontwikkeling plaas tussen die hand en die brein.

LEES MEER »
Nuusbrief

Dirkies gee om in 2025

Dirkies se dag van uitreik Ons leef dikwels in ’n gemaksone. ’n Dak oor jou kop, ’n bord gesonde kos en mooi klere om aan te trek, aanvaar ons as vanselfsprekend. Ons dink baie keer nie eers aan ander wat swaarkry nie, want dit is nie in ons verwysingsraamwerk nie.

LEES MEER »
Nuusbrief

Sport(s) in die derde en vierde kwartaal by Dirk Postma

Sport en deelname aan sport in skole gaan hand aan hand. Vandag het die waarde van sport in skole eksponensieel gegroei en ook in ons skool sien ons die behoefte en waarde daarvan raak. Gesonde gebalanseerde sportaktiwiteite bied ’n goeie alternatief vir skermtyd, boonop hou die blootstelling aan oefening baie

LEES MEER »
Nuusbrief

KI in die Onderwys: Ondersteuner of kruk vir leer?

Hoe behoort Christen-onderwysers oor die gebruik van kunsmatige intelligensie in onderrig en leer te dink? Carmin Smith Sedert die ontstaan van die mensdom het tegnologie, as ontplooiing van God se skeppingsmandaat, die wyse waarop ons werk verrig beïnvloed. Dit impliseer dat tegnologie nie op sigself iets is nie, maar eerder

LEES MEER »
Nuusbrief

Ek het “ja” gesê

Wanneer ’n mens die doopformulier lees, staan jy telkens weer voor dieselfde vraag: Waarvoor het ek daardie dag “ja” gesê? Wat beteken dit regtig om my kinders “in die leer te onderrig” en “te laat onderrig”? Binne ons Gereformeerde konteks verstaan ons die doop as ’n sakrament, ’n heilige handeling

LEES MEER »
Nuusbrief

Christelike wetenskapbeskouing

Wat is wetenskap? Die oorspronklike definisie van wetenskap is om kennis te verwerf. Beoefening van wetenskap vind dus in alle vakgebiede plaas, nie net in natuurwetenskap nie. ‘n Algemene definisie van wetenskap is die volgende: Wetenskap bestaan uit observasie van die wêreld deur kyk, luister, observeer en optekening. (NASA) Wetenskap

LEES MEER »

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa