Die Laerskool neem jaarliks deel aan byeenkomste te Eduplex, Balmoral Laerskool Totiusdal en Die ICO byeenkoms.
Daisy League
Ons netbal spanne van O/7 tot O/13 neem jaarliks deel aan die Daisy liga. Ons het gereelde ligawenners en neem deel met publieke skole in ons omgewing
Die bulletjies neem jaarliks deel aan bulletjie-rugby dae asook die groot Loftusdag.
In 2018 het die skool sy eerste mini-hokkie oefening gehad. Ons gaan tans van krag tot krag en neem deel aan aksie-hokkie liga in die derde kwartaal.
Dirkieshengel is in 2020 geloods. Die kinders neem deel aan interne kompetiesies by die dam.
Die Hoërskool neem jaarliks deel in atletiekbyeenkomste in warmbad as ook teen Hoërskool tuine. Daar is enkele atlete wat tot SA's gaan en deelname word ook aangemoedig
Tshwane Dogters D liga
Die dogters neem jaarliks deel aan die Thswane Dogters D Liga. Hulle presteer tans goed en het jaarliks 'n liga-wenner.
In 2019 het vyf seuns die skool verteenwoordig by die Nationals te Brits. Ons hoop om in 2022 weer deel te neem indien COVID-regulasies dit toelaat.
Tshwane Dogters D-Liga
Die sagtebal word deur Mariaan Hordijk georganiseer en neem die skool deel in die liga
Dirkieshengel word in 2020 geloods. Die kinders neem deel aan interne kompetiesies by die dam. Daar sal deur die loop van die jaar vyf geleenthede wees vir hulle om deel te neem en te gaan visvang
Vanaf Maart 2020 elke eerste Maandag van die maand.
Vanaf Maart 2020 elke eerste Maandag van die maand.
As deel van die Dirkiedinge is die kookkompetisie deur Smantha Visagie 'n graad 6 leerling geloods. Na die groot sukses sal die kompetisie jaarliks plaasvind vir die leerlinge van die kleuter- en laerskool.
In 2019 het die skaakspanne deelgeneem aan die jaarlikse toernooi in Sandton asook het die O/11 span 2de geeindig in Tshwane Noord distrik.