Ondersteun Ons

ondersteun ons

Blits

Wanneer u aankope te Blits Hardeware doen, noem dat u ‘n GSDP-ouer of ondersteuner is.
Die skool ontvang so ‘n persentasie van u aankope sonder dat dit u sak raak!

GSDP het R16,000 ontvang vir al die strokies wat in 2023 in die houer geplaas is!
Baie dankie vir u ondersteuning, ons waardeer dit opreg!

Pick n Pay, Waverley Plaza

Ons versoek dat u asseblief u kasregisterstrokies in die houer, wat gemerk is Dirk Postma gooi. Die houers staan by die ingang aan die linkerkant soos u op pad uit is.

Die skool met die meeste strokies (nie geldwaarde nie!) ontvang aan die einde van die jaar ‘n kontantbedrag. Selfs al het u gekies om u kasregisterstrokie elektronies te ontvang, gooi asseblief steeds die betalingsbewys-strokie in die houer…elke strokie tel!

GSDP glas-herwinning projek

GSDP het in 2023 eerste gekom in Gauteng met die glas-projek deurdat ons ondersteuners 10.39 TON glas herwin het – baie dankie vir u ondersteuning!

Ons vra daarom weer om ons te ondersteun deur al u ‘afval’-glas in die houers te Cunninghamlaan te plaas, sodat ons saam kan probeer om die nasionale wenner in 2024 te wees!