kultuur by Hoërskool Dirk Postma
ATKV-Tienertoneel
Met groot opwinding en entoesiasme het 14 Dirkies Dinsdag 4 Aug. die verhoog van die UNISA-Kleinteater betree!
Daar is 22 produksie en 482 deelnemers aan die Gauteng streeksfees 2 en natuurlik meer as 350 ander produksies wat landswyd deelneem. (In Gauteng alleen is daar 4 streeksfeeste.)
Ons het net 45 minute gehad om die verhoog reg te kry en ligte en klank in te stel! En presies om 14:10 het die verhoog begin asemhaal! Almal het as ’n span saamgewerk en siedaar ons toneel het werklik ’n lewe van sy eie gekry.
In die mentorsessie het ons pragtige komplimente en opbouende kritiek ontvang. ’n Mens kon sien die twee beoordelaars, H. Brothwick en B. Le Roux-Wahl, het intens geluister na ons optrede en dat hulle die stuk gelees het.
Die ATKV het die oggend van 5 Aug. al ons serifikate gestuur. Hulle aanbieding van hierdie kompetisie is werklik puik! Wonderlik dat iets in SA nog op geoliede wiele verloop!
Elke deelnemer, akteur, tegnies en werker agter die verhoog, het ’n sertifikaat vir deelname gekry. Daarby het ons bronsmedaljes gekry vir ons keuse van toneelstuk, die regie, beligting, klank en Alisha het ook brons vir haar toneelspel verower! Ons is opreg dankbaar vir die gawes en talente wat ons leerlinge ontvang het! Harde werk, deursettingsvermoë en die ouers se ondersteuning was onontbeerlik. Baie dankie!
Kultuur
Vinnige skakels
Vinnige skakels
Skoolure
Maandag
07:35 – 14:00
Dinsdag tot Donderdag
07:40 – 14:00
Vrydag
07:35 – 13:30