GSDP
hulpfonds
Departementele subsidies is onlangs vir onafhanklike skole ingekort. Gereformeerde Skool Dirk Postma stel ’n hulpfonds bekend om juis hierdie probleem aan te spreek.
Die hoofdoel van die hulpfonds is om ʼn fonds te hê wat slegs gebruik kan word om gesinne te help wat vir ‘n bepaalde geldige rede nie die volle skoolfooie kan bekostig nie. Redes sal bv. wees:
- Ernstige skielike siekte wat lei tot verlies aan inkomste
- Afsterwe van vader of moeder
- Verloor werk of skielike vermindering van salaris
- Onvoorsiene gebeurtenis of krisis
- Ander omstandighede soos in die skool se finansiële beleid omskryf
Ouers moet ‘n aansoek indien om in aanmerking te kom vir ‘n verlaagde tarief.
Hierdie aansoek word dan deur die finansiële kommissie ooreenkomstig die bepalings van die finansiële beleid goedgekeur of afgekeur.
Indien dit goedgekeur word, moet die verskil aan inkomste elders verhaal word. In die verlede het die subsidie ruim hiervoor voorsiening gemaak en kon die skool dus ook sy barmhartigheidsdiens nakom. Die subsidie is egter vir alle onafhanklike skole ingekort en het dit derhalwe ’n groot invloed op die toestaan van verlaagde tariewe.
‘n Hulpfonds sal die skool in staat stel om die medegelowiges wat verbondsonderwys begeer, maar om een of ander rede verhinder word, ook te kan bystaan.
maak 'n bydrae hier
Bankbesonderhede:
Gereformeerde Skoolvereniging Dirk Postma
ABSA Bank
Rek nr: 901 59 801
Takkode: 632005
Verwysing: Van+voorletters+hulpfonds