laerskool

Laerskool Dirk Postma bied gehalte onderrig vir graad 1- tot 7-leerlinge aan.

In die klaskamer en op die speelgrond word leerlinge aangemoedig om onafhanklik en in groepe te funksioneer en saam te werk. Leerlinge word goed toegerus om met ‘n sterk Christelike wêreldbeskouing en gereformeerde waardestelsel hul lewe te leef en in liefde na ander uit te reik.

akademie

Dirk Postma maak van ‘n verrykte kurrikulum gebruik, met die skool se Christelike-gereformeerde karakter wat sentraal tot die ontsluiting van elke vakgebied staan. Met die karakter as grondslag, word elke vakgebied geleer en ingekleur om as boustene vir verdere studies te dien.

God openbaar Hom in Sy skepping en in Sy Woord en deur Christelike wetenskapbeoefening word die natuur oopgebreek.
Bybelonderrig is deel van die daaglikse roetine om goed gefundeerde, gebalanseerde leerling te kweek.

In 2023 implementeer Dirk Postma die IEB-skoolsisteem.

sport

Netbal

Ons netbalspanne vanaf o/7 tot o/13 neem jaarliks deel aan die Daisy-liga. Ons het gereelde ligawenners en neem deel teen skole in ons omgewing.

Die skool se splinternuwe multi-funksionele bane maak verskeie sportsoorte moontlik.

Hokkie
Hokkie

In 2018 het die skool sy eerste mini-hokkie-oefening gehad. Ons gaan tans van krag tot krag en neem deel aan aksie-hokkieliga.

Met die ontwikkeling van GSDP se multi-funksionele bane, is dit moontlik om die netbalbane te omskep in hokkiebane.

Rugby

Die bulletjies neem jaarliks deel aan bulletjie-rugbydae, asook die groot Loftusdag.

Atletiek
Atletiek

Die laerskool neem jaarliks deel aan byeenkomste te Eduplex, Balmoral, Totiusdal en die ICO-byeenkoms.

kultuur

Verskeie kultuuraktwiteite verseker goed-gebalanseerde leerlinge.

Redaksie

Revue
Koor

 

Koor
Redenaars

Inkleurklub

Kuns

Redenaars

 

algemene

inligting

Skoolure
Gr 1 – Gr 2

07:40 – 13:00

Skoolure
Gr 3 – Gr 7

07:40 – 13:30

Nasorgsentrum

13:00 – 17:00

Skoolgelde en inskrywings

Die toelatingprosedure en aanlyn aansoekvorm is beskikbaar op die Toelating blad.

Vir meer inligting rakende skoolgelde, stuur gerus ‘n e-pos na [email protected].

Skoolkwartale

2024 SKOOLKALENDER
KwartaalOpenSluit
1ste17 Jan19 Mrt
2de3 Apr14 Jun
3de9 Jul20 Sep
4de1 Okt11 Des

skooldrag

Skooldrag te koop by:

Totiusdal Handelshuis
Codonialaan 773, Waverley, Pretoria
Tel: 012 332 0016