kalender

Alle belangrike datums is beskikbaar op die aanlyn kalender.

  • KS = Kleuterskool
  • LS = Laerskool
  • HS = Hoërskool


Ons beoog om binnekort ‘n kort video saam te stel wat verduidelik hoe om die kalender na u slimfoon of rekenaar te sinkroniseer.
Volg intussen gerus die stappe hieronder om die sinkronisasie op te stel.

TEKEN IN

Die kalender kan gesinkroniseer word met jou eie kalender bv. Outlook of met jou slimfoon.

Kopieer eenvoudig die kalender se skakel deur die “KOPIEER” knoppie te druk en dan die stappe regs te volg soos aangedui vir jou tipe kalender.

skoolkalender

INSTRUKSIES​

  1. Maak jou Outlook e-pos oop.
  2. Maak nou jou Outlook Kalender oop.
  3. Kies die Home tab.
  4. Kliek op Add Calendar.
  5. Kies Subscribe from web.
  6. ‘Paste’ die gekopieerde skakel in die dataveld.
  7. Kies Import.

Op jou rekenaar:

  1. Maak jou Google kalender op jou rekenaar oop.
  2. By Other calendars, kliek op “+ Add other calendars”.
  3. Kliek op “From URL”.
  4. Paste die skakel wat jy vroeër gekopieer het onder “URL of Calendar”.
  5. Kliek op “Add Calendar”.

Die skool se kalender(s) sal nou op jou rekenaar se Google kalender onder “Other Calendars” verskyn.

Op jou slimfoon:

Indien jy reeds die skool se kalender op jou rekenaar met jou eie gesinchroniseer het, kan jy die volgende stappe volg.

Maak jou Google Calendar toep op jou selfoon oop:

  1. Maak die toep se menu oop en kies “Settings”.
  2. Kies “Show more”.
  3. Kies die skool se kalender(s) wat jy wil kan sien.
  4. Skakel “Sync” aan.
  1. In die iCalendar, kies Calendars aan die onderkant van die skerm,
  2. Kies Add Calendar.
  3. Kies Other.
  4. Kies Add Subscription Calendar.
  5. ‘Paste’ die gekopieerde skakel in die Server dataveld.
  6. Indien die ‘paste’ opsie nie werk op jou Apple toestel nie, gaan ‘paste’ eers die skakel êrens anders op jou selfoon en kopieër dit dan van daar af.
  7. Kies Next.
  8. Kies Save.