Gereformeerde Skool Dirk Postma is n privaatskool in die hartjie van die Moot (Pretoria) wat deur ouers uit die plaaslike gemeenskap gestig is. Die destydse droom om ‘n eie reformatoriese skool te begin, waar leerlinge Bybelse onderrig en -opvoeding deur roepingsgetroue onderwysers kon kry, het tot dade oorgegaan met 42 leerlinge en drie onderwysers wat die eerste klein tree getrou in 1986 gegee het.
Vandag ontvang kinders van klein tot groot uitnemende onderrig wat hul uitstekend vir hul roeping voorberei. Met ’n Christelike en gereformeerde kurrikulum, word leerlinge toegerus om met hart en siel ligdraers met karakter te wees.
100% Graad 12-slaagsyfer
Christelike verrykte kurrikulum
Roepinggedrewe onderwysers
Gebalanseerde sport-, akademiese en kultuuraktiwiteite
neem aksie
Registreer vandag
Wil jy graag jou kind by die Gereformeerde Skool Dirk Postma inskryf? Doen vandag nog aansoek en
verseker so dat jou kind vanuit ‘n Gereformeerde kurrikulum deur roepingsgedrewe onderwysers, onderrig ontvang.
Kopiereg GSDP 2024 – Alle regte voorbehou
Ontwerp en onderhou deur GSDP IT
GSDP is in die hartjie van die Moot geleë en lei kinders uitstekend vir hul roeping op.
NPO 026-603 | EMIS 700220137 | Umalusi 16 SCH01 00125