Pret, geborgenheid en stimulasie binne ‘n veilige leeromgewing is sprekend van Dirkieland. Kleuters van 3 – 6 jaar leer spelenderwys en ontvang ‘n uitstekende wegspringplek vir die lewe.
Die belangrikste deel van ’n mens se vormingsjare vind by die skool plaas. Hiér leer jy nie net lees en somme maak nie, jy leer ook oor die lewe, waardestelsels en verwysingsraamwerke. Kortom, by die kleuterskool leer jy van menswees.
Om ’n skool te kies, gaan nie net oor die naaste skool of die skool met die beste sportgeleenthede of akademiese rekord nie. Om ’n skool te kies, is ’n keuse wat jou kind gaan vorm in sy of haar menswees.
Bybelonderrig as deel van die daaglikse roetine om goed gefundeerde, gebalanseerde leerlinge te kweek.
Die skep van ‘n positiewe omgewing, waar leerlinge deur gerigte leer self kan ontdek, eksperimenteer en kreatief wees.
Die skep van ‘n leeromgewing, waar leerlinge wegspringblokke vir die ontwikkeling van uitstekende leesvaardighede, ‘n uitgebreide woordeskat en kernbelangrike basiese Wiskunde-vaardighede ontvang.
Onderwysers wat roepinggedrewe leerlinge van kleins af in liefde leer en onderrig om self eendag hul eie roeping te kan uitleef.
Personeel poog dat die ontwikkeling en aanleer van luister, taal en sosiale vaardighede prioriteit is.
Veilige nasorgfasiliteite tot 17:00.
GSDP
Kleuters, personeel en ouers is trots op die
goed toegeruste klasse en lekker speelarea.
Skoolure
07:45 – 13:00
Nasorgsentrum
13:00 – 17:00
Skoolgeld en inskrywings
Die toelatingprosedure en aanlyn aansoekvorm is beskikbaar op die Toelating blad.
Alle inligting rakende die kleuterskool is bevat in die inligtingstuk (u benodig Adobe Reader om die PDF dokument oop te maak – laai dit gratis hier af).
Skoolkwartale
2024 SKOOLKALENDER | ||
---|---|---|
Kwartaal | Open | Sluit |
1ste | 17 Jan | 19 Mrt |
2de | 3 Apr | 14 Jun |
3de | 9 Jul | 20 Sep |
4de | 1 Okt | 11 Des |
Dirkieland-kleredrag
Kleuters leer deur te speel met klei, water, grond, verf en nog baie meer. Gemaklike klere wat mag vuil word is ‘n moet!
Op Vrydae dra die kleuters hulle Dirkieland-hemp en -hoed; meer inligting hieroor is beskikbaar in die inligtingstuk.
Dirkieland rus kleuters toe met die nodige vaardighede om spelenderwys aktiwiteite te doen wat hulle leer om vrae te vra, krities te observeer, probleme op te los en met hul portuurgroep aanklank te vind.
Die sensories-geïntegreerde-leerprogramme bied ‘n omgewing waarbinne kleuters veilig kan ontdek en ontwikkel, juis deur vuil te word en kreatief te wees. Sensoriese-werkstasies verseker dat kleuters op so ‘n wyse gestimuleer word.
Dirkie-kleuters beweeg om te leer en leer om te beweeg om optimale leer te bewerkstellig.
Dirkieland se speelterrein is doelgerig ingerig om kleuters lekker te laat speel en terselfdertyd lewensvaardighede soos deel, luister, spanwerk en respek aan te leer.
Kopiereg GSDP 2024 – Alle regte voorbehou
Ontwerp en onderhou deur GSDP IT
GSDP is in die hartjie van die Moot geleë en lei kinders uitstekend vir hul roeping op.
NPO 026-603 | EMIS 700220137 | Umalusi 16 SCH01 00125