hoërskool

Die Hoërskool Dirk Postma bied gehalte onderrig, gebou op ‘n sterk Christelike fondament en ‘n reformatoriese kultuur in ‘n veilige omgewing waarbinne leerlinge kan floreer.

Dirk Postma maak van ‘n verrykte kurrikulum gebruik, waar die basiese bekende kurrikulum aangevul word vanuit verskeie bronne, vanuit ‘n reformatoriese wêreldbeskouing.

akademie


Dirk Postma bied die volgende vakke aan:

Graad 8 en 9

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels (EAT)
  • Wiskunde
  • Bybelonderrig
  • Kerkgeskiedenis
  • Ekonomiese Bestuurswetenskap
  • Kuns en Kultuur
  • Lewensoriëntering
  • Natuurwetenskap
  • Sosiale Wetenskap
  • Tegnologie

 

Graad 10 tot 12

Verpligte vakke

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels (EAT)
  • Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
  • Lewensoriëntering
  • Bybelonderrig
  • Kerkgeskiedenis

 

Keusevakke

  • Besigheidstudie
  • Fisiese Wetenskap
  • Geografie
  • Inligtingtegnologie
  • Ingenieursgrafieka en -ontwerp
  • Lewenswetenskap
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Rekeningkunde
  • Verbruikerstudie
  • Visuele Kuns
img_akademie

Gekontrolleerde klasgroottes met ‘n lae onderwyser-tot-leerling-ratio verseker dat leerlinge optimaal in die klas deelneem en aandag geniet. Kritiese denke, binne ‘n veilige omgewing, word aangemoedig en rus leerlinge met die nodige lewensvaardighede toe om hul roeping in Suid-Afrika en die wêreld, te vervul. Die Gereformeerde Skool Dirk Postma is dankbaar vir ‘n 100%-matriekslaagsyfer.

SPORT

Sagtebal

Netbal

Netbal

Tafeltennis

Hokkie

Hokkie

Skaak

Atletiek

Atletiek

Rugby

Gholf

Fietsry

Die skool se splinternuwe multi-funksionele bane maak verskeie sportsoorte moontlik.

kultuur

Verskeie kultuuraktwiteite verseker goed-gebalanseerde leerlinge.

Revue

Kuns

algemene

inligting

Skoolure

Maandag

07:35 – 14:00

Dinsdag tot Donderdag

07:40 – 14:00

Vrydag

07:35 – 13:30

Skoolgelde en inskrywings

Die toelatingprosedure en aanlyn aansoekvorm is beskikbaar op die Toelating blad.

Vir meer inligting rakende skoolgelde, stuur gerus ‘n e-pos na [email protected].

Skoolkwartale

2024 SKOOLKALENDER
KwartaalOpenSluit
1ste17 Jan19 Mrt
2de3 Apr14 Jun
3de9 Jul20 Sep
4de1 Okt11 Des

skooldrag

Skooldrag te koop by:

Totiusdal Handelshuis
Codonialaan 773, Waverley, Pretoria
Tel: 012 332 0016