SKOOLDRAG
Die voorgeskrewe kleredrag vir die hoërskool asook laerskool word hier uitgebeeld.
Alle kleredrag is by Totiusdal Handelshuis beskikbaar.
Om pryse en grootte opsies te besigtig, beweeg oor die item en kliek dan op die kledingstuk om na Totiusdal Handelshuis se webtuiste te gaan.
Let wel: nie alle items is op Totiusdal Handelshuis se webtuiste gelys nie, dus kan ons nie direk daarheen skakel nie.
Die formele skoolbaadjie vorm deel van die wintersdrag. Dit word ook by alle formele skoolgeleenthede gedra. Leerders is verplig om die skooldas in die winter te dra.
Somersdrag
Seuns
Wit knoophemp, grys kortbroek,
grys kouse, swart skoolskoene
Dogters
Wit knoophemp, navy romp,
wit sokkies, swart skoolskoene
Seuns sosiaal
Navy gholfhemp, atletiek broek,
swart tekkies
Dogters sosiaal
Navy gholfhemp, atletiek broek,
wit sokkies, swart tekkies
Wintersdrag
Seuns
Die seuns se skooldrag bestaan uit ‘n grys kort- of langbroek (na eie keuse) wat saam met ‘n wit, langmou toeknoopbaarhemp en ‘n donkerblou das gedra word, tesame met grys kniekouse en swart toeryg skoolskoene (albei na eie keuse). Vir koue weer word ‘n donkerblou trui met ‘n wit streep in die V-nek (skooltrui) gedra, asook ‘n donkerblou baadjie met ‘n sakwapen wat “GSDP” vertoon.
Vir liggaamsopvoeding (LO) word ‘n donkerblou seilbroek en sosialedraghemp gedra, en bykomende items soos ‘n effekleurige donkerblou of wit skoolserp, handskoene en ‘n donkerblou das met die skoolwapen is ook deel van die drag.
Dogters
Die dogters se skooldrag bestaan uit ‘n donkerblou A-lynromp (nie korter as 10 cm vanaf die grond wanneer dogters kniel nie) wat saam met donkerblou “tights” of lang donkerblou kniekouse gedra word, of alternatiewelik ‘n donkerblou langbroek wat saam met lang donkerblou kouse/”tights” of wit/donkerblou sokkies gedra word. Hierby word ‘n wit langmouhemp met ‘n donkerblou das met die skoolwapen gedra, tesame met swart skoolskoene met bandjies of toeryg (na eie keuse).
Vir koue weer is daar ‘n donkerblou trui met ‘n wit streep in die V-nek (skooltrui), asook ‘n donkerblou baadjie met ‘n sakwapen wat “GSDP” vertoon. Vir liggaamsopvoeding (LO) word ‘n donkerblou seilbroek en sosialedraghemp gedra, en bykomende items soos ‘n effekleurige donkerblou of wit skoolserp, handskoene en ‘n donkerblou das met die skoolwapen is ook deel van die drag.
SKOOLDRAG
Vinnige skakels
Vinnige skakels
Skoolure
Maandag
07:35 – 14:00
Dinsdag tot Donderdag
07:40 – 14:00
Vrydag
07:35 – 13:30