vriende van GSDP
GSDP SKOOLVERENIGING:
LIDMAATSKAP
U is reeds goed bekend met die Gereformeerde Skool Dirk Postma. ‘n Skool wat poog om verbondskinders op te voed en te vorm ooreenkomstig die Woord van die Here. Voorts word daar ook gestreef om akademies uitnemende onderrig te bied en die kinders verder toe te rus met belangrike sport sowel as kultuurvaardighede.
Ongelukkig gaan die huidige ekonomiese klimaat ons skool nie verby nie. Die Departement van Onderwys het die subsidie vir alle onafhanklike skole drasties gesny, wat ‘n groot impak op ons skool se begroting het. Aangesien u nie kinders in GSDP het nie, maar steeds deel van die GSDP gemeenskap is, versoek ons dat u asseblief lidmaatskap of vriendskap van GSDP sal oorweeg.
‘n Lid is ‘n persoon (of ouerpaar) wat ‘n kind(ers) in GSDP het en lidmate is van die Gereformeerde of Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Die maandelikse skoolgeld sluit lidmaatskapgeld en stemreg in. ‘n Persoon kan ook lid wees, indien hy / sy nie kinders in GSDP het nie, maar wat minstens R 200,00 per maand bydra en lidmaat is van die Gereformeerde of Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.
‘n Vriend is ‘n persoon (of ouerpaar) wat ‘n kind(ers) in GSDP het, maar nie lidmaat is van een van die kerkverbande genoem nie of is ‘n persoon wat maandeliks / jaarliks ‘n bedrag aan GSDP skenk. GSDP hou vriende gereeld op hoogte van sake en vriende is welkom om lede- en jaarvergaderings (en ander vergaderings / gesprekke waarna u genooi word) by te woon en insette te lewer, maar het geen stemreg nie en kan nie op die bestuur dien nie.
Ons nooi u dus vriendelik om lid / vriend van die vereniging te word. Ons sal dit waardeer indien u op die manier betrokke sal wees by die ontwikkeling van ons kinders. Die skool het u ondersteuning en hulp nodig.
Bankbesonderhede:
Gereformeerde Skoolvereniging Dirk Postma
ABSA Bank
Rek nr: 901 59 801
Takkode: 632005
Verwysing: Van+voorletters+lid/vriend