VISIE

Die Gereformeerde Skool Dirk Postma se grondslag is die Heilige Skrif, soos bely in die drie formuliere van eenheid.

Vanuit hierdie grondslag glo GSDP dat Christus se lig in en uit alle vakke en alle aktiwiteite van die skool skyn.

MISSIE

GSDP het ’n doelgerigte leerkultuur, kleiner klasgroottes, en onderwysers wat hul taak as roeping sien en uitleef.

By GSDP is daar nie ’n ongebalanseerde klem op prestasie nie en al die leerlinge kry die geleentheid om hul volle potensiaal te bereik.

Hier gee ons vir die leerlinge ankers om hul roeping met selfvertroue na skool te kan uitleef.

‘n Hoë akademiese standaard word gehandhaaf en ons staan op dieselfde vlak as van die beste skole in Gauteng.

 

Vir meer as 35 jaar vorm en ontwikkel die Gereformeerde Skool Dirk Postma leerlinge aan die hand van ‘n gereformeerde belydenis en volgens die Skrif.

In 1998 het ons skool in roepingsgetrouheid uitgebrei om leerders ook in die hoërskool te onderrig. Saam met die kleuterskool, wat ‘n sekere en stabiele wegspring in die skoolloopbaan verseker, vorm ons laerskool en hoërskool ‘n andersheid in opvoeding wat uitstaan en uniek is.

Dié drie skole funksioneer selfstandig, maar deel tog ‘n gemeenskaplike karakter en gemeenskaplike uitkoms, naamlik om goed gebalanseerde, roepingsbewuste, gereformeerde jongmense te onderrig.

 

Gefundeerd in ons belydenis, gehoorsaam aan die Woord, getrou aan die beginsels van die reformasie, staan ons skool as unieke monument van verbondsgehoorsame ouers.

Reformatoriese kurrikulumontwikkeling

Roepingsgedrewe onderwys

Vanuit die Skrif

Reformatoriese kurrikulum

Die skool se onderwys beweeg binne die raamwerk van die Departement van Onderwys se kurrikulumvoorskrifte, maar word reformatories ontwikkel, aangevul en aangebied.

Daarom geniet voortdurende kurrikulumontwikkeling by GSDP prioriteit en is goed toegeruste, reformatoriese personeel ‘n vanselfsprekende bousteen.

Aan die einde van die skoolloopbaan skryf elke leerling die eksamen van die Departement van Onderwys en die leerling ontvang ‘n ICO-sertifikaat wat aantoon dat die leerling ‘n gereformeerde skoolloopbaan gevolg het.

Geskiedenis

Ds. Dirk Postma (1818-1890), na wie ons skool vernoem is, se beginsels vir onderwys was:

“Positief, Christelijk, Gereformeerd.”

Hierdie beginsels is wat die Gereformeerde Skool Dirk Postma roepingsgetrou hard werk om daagliks op elke vlak uit te leef.

  • Positief
  • Christelik
  • Gereformeerd


Ds. Postma het gewaarsku “want verkeerd onderwijs en slechte voorbeelden zij voor de zielen uwer kinderen meer te schuwen dan vergiftige slangen voor hunne lichamen.”

Gefundeerd in ons belydenis, gehoorsaam aan die Woord, getrou aan die beginsels van die reformasie, staan ons skool as unieke monument van verbondsgehoorsame ouers.

Ons leuse is: “Wees sterk en vol moed”.

‘n Leuse wat ons kan uitleef omdat gereformeerde beginsels ons hele onderwys deursuur by die Gereformeerde Skool Dirk Postma. Ons verwelkom u en u kind graag by ons.

Ouerskool

Dirk Postma is ‘n ouerskool waar die ouers nie net ‘n rol by die skool speel nie, maar die hartklop van die skool is.

Ouer betrokkenheid verseker dat die skool ‘n verlenging van die huis en kerk is en daarom ‘n hegte eenheid vorm.

Verder verseker ouer betrokkenheid dat die gereformeerde karakter op alle terreine uitgebou word.

Gesonde opvoedingsmilieu

GSDP bied ’n gesonde opvoedingsmilieu waar leerlinge omgaan met maats, en onderwysers wat dieselfde normes en waardes het.

Dit is belangrik dat kinders as volle en gebalanseerde mense moet ontwikkel en dat leerlinge nie net een van baie en ’n gesiglose nommer is nie.

Persoonlike aandag vorm ‘n belangrike element van onderrig by GSDP. Binne gekontrolleerde klasgrootes is dit makliker om aan elke leerling individuele aandag te gee. Al die kinders kry kans om aan sport en ander aktiwiteite deel te neem, nie net die uitblinkers nie.

GSDP lê nie ongebalanseerd klem op prestasie nie en glo dat elke kind sy of haar beste moet doen volgens die gawes wat die Here aan hom of haar gegee het. Elke kind se eie vermoëns moet tot uiting gebring en ontwikkel word.