+27 12 332 3222 | gsdp@gsdp.co.za | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Saskia Meijer

Mev Saskia Meijer is sedert 14 November 2023 skoolhoof van die Gekombineerde Skool Dirk Postma. Sy is diep gewortel in gereformeerde onderwys en was sedert 1996 by die skool betrokke, eers as aflosonderwyser en later as voltydse onderwyser. Vanaf 2013 was sy laerskoolhoof en het sy ook die ontwikkeling van die Instituut vir Christelike Onderwys (ICO) bevorder. Al vier haar kinders het aan Dirk Postma gematrikuleer.

Mev Meijer beskou haar aanstelling as ’n roeping van God en is daartoe verbind om saam met personeel, ouers en die breër geloofsgemeenskap ’n veilige en koesterende omgewing te skep waar die skool kan groei en floreer. 

Sy sê visie vir die skool sluit in die versterking van samewerking tussen alle rolspelers in gereformeerde onderwys, die koestering van familiebande binne die skoolgemeenskap, en die skep van ’n omgewing waarin elke kind akademies en geestelik kan floreer.

Mev Meijer streef daarna om Dirk Postma se nalatenskap van Skrifgefundeerde onderwys te verdiep en volhoubaar voort te bou.

Saskia Meijer

Uit die hoof se kantoor

Integrasie van geloof en leer 

Info – 14 Augustus 2026

Die Info van 14 Augustus 2026 is nou beskikbaar!

Alumnus van die maand: Elize Kirsten

Info – 7 Augustus 2026

Die Info van 7 Augustus 2026 is nou beskikbaar!

’n Christelike wêreldbeskouing

Ontdek hoe 'n Christelike wêreldbeskouing by Gereformeerde Skool Dirk Postma elke vak en lewensaspek rig volgens God se Woord en Bybelse waardes.

Info – 24 Julie 2026

Die Info van 24 Julie 2026 is nou beskikbaar!

Kies jou vriende wys

Leer hoe om die regte vriende te kies. Ontdek Bybelse wysheid oor vriendskap, goeie invloede en hoe vriende jou karakter en toekoms vorm.

Wintervakansie sonder verveling

+27 12 332 3222 | gsdp@gsdp.co.za | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa