Dirkie kultuur
Verskeie kultuuraktwiteite verseker goed-gebalanseerde leerlinge.
skoolkoerant
Revue
Koor
Redenaars
Gereformeerde Laerskool Dirk Postma maak sprokies lewendig met konsert
Sprokies, musiek en dans het die verhoog gevul toe Gereformeerde Laerskool Dirk Postma in Pretoria vanjaar se skoolkonsert Sprokie vir ‘n Stadskind op 31 Julie en 1 Augustus aangebied het. Die verhoog het verander in ’n wonderwêreld van bekende stories, en ouers, familielede en vriende het in hul hondertalle opgedaag om die kinders te ondersteun.
Elke graad, van Graad RRRR tot Graad 7, het sy eie unieke tema gekry om uit te beeld. Die kleinstes het die verhoog oorgeneem met liewe karakters soos Gouelokkies en die drie bere, terwyl ander klasse stories soos die drie varkies, die lelike eendjie en Duimelina tot lewe gebring het. Elke klas het weke lank geoefen om hul storie op hul eie manier te vertel, met kostuums, grimering en toneelstukke wat spesiaal vir die geleentheid voorberei is. Ons het gesien dat elke kind gawes uit God se hand ontvang het. Nie almal ontvang dieselfde gawes nie. Sommige kinders kan sing, ander kan dans, ander speel toneel, onthou baie woorde of bring met groot selfvertroue ’n karakter tot lewe. Ander se besondere bydrae het daarin gelê dat hulle getrou ge-oefen het, mooi kon luister, ’n maat gehelp het of eenvoudig met groot entoesiasme deelgeneem het.
Die program was met verskeidenheid gevul. Die kombinasie van musiek, dans en drama het gesorg dat daar vir elke ouer iets was om na uit te sien, of dit nou ’n dogtertjie was wat vir die eerste keer op ’n verhoog gestaan het, of ’n ouer leerder wat met selfvertroue op die verhoog kon praat. Daar was ook deurentyd fyn humor in die konsert verweef en ouers wat die graad 7’s goed ken, het dit sommer dadelik herken.
Wat die aand ekstra spesiaal gemaak het, was dat die onderwysers self ook by die vermaak aangesluit het. Die personeel het hul eie dansitem gehad en, tot groot vermaak van beide leerders en ouers, op die verhoog verskyn.
Skoolhoof, me. Saskia Meijer het na afloop van die konsert gesê wat die konsert so besonders maak is dat elke kind deelneem en elke kind se bydrae vorm deel van ’n groter geheel. Die graad 7-leerder kan nie sonder die driejarige maatjie nie, en die kind op die verhoog kan nie sonder die onderwyser, ouer, klankman, of dekorbouer nie. Elkeen het iets gebring, en saam het dit iets besonders geword. Voorts sê sy dat die skool poog om jaarliks ‘n konsert aan te bied. Dit word afwisselend deur die laer- en hoërskool gedoen. Hierdie jaar was dit dus die laerskool se beurt om te wys wat hulle kan doen, en volgens Meijer het die leerders, ouers en onderwysers nie teleurgestel nie.
“Dit is ongelooflik hoe die kinders, ouers en onderwysers saamwerk om van die vertonings ’n sukses te maak,” het sy gesê. Sy het bygevoeg dat die skool dankbaar is teenoor die Here vir die talente wat elkeen ontvang het, en dat dit juis hierdie gawes is wat aande soos hierdie moontlik m
kultuur
Vinnige skakels
Skoolure
Gr 1 – Gr 2
07:40 – 13:00
Gr 3 – Gr 7
07:40 – 13:30
Nasorgsentrum
13:00 – 17:00