+27 12 332 3222 | gsdp@gsdp.co.za | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

’n Tyd vir alles: Ons Graad 12’s se besondere afsluiting

Vir alles is daar ’n bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd. Met hierdie woorde uit Prediker 3 het ons afskeid geneem van ons Graad 12-klas, ’n groep leerders wat oor die afgelope vyf jaar diep spore in ons skool se storie getrap het.

Die matriekafskeid was ’n feestelike afsluiting van hierdie besondere reis. In hul pragtige aanddrag het die leerders die aand met styl en selfvertroue gevier. Agter elke glimlag lê vyf jaar se herinneringe, stories en ervarings wat altyd deel van hul skoolloopbaan sal bly.

Die matriekdiens was ’n geleentheid om terug te kyk op ’n besondere hoofstuk. Elkeen mag dankbaar wees vir die mense wat die Here oor ons pad gebring het, en om ons matrikulante aan te moedig om Hom ook in die nuwe seisoen van hul lewens eerste te stel. Mag hulle altyd tyd maak vir die Here, vir die mense om hulle en vir mekaar.

Ons is dankbaar dat ons deel van hul reis kon wees. Mag elkeen met moed, geloof en dankbaarheid die volgende hoofstuk aanpak.

Daar was ’n tyd vir Matriekstroom – en wat ’n ongelooflike tyd was dit nie!

Nog nuus

Leiers wat dien

Leierskamp by Adventure Peaks, 13–14 Augustus 2026 Deur Mariska vd Wetering Op 13 en 14 Augustus het ons 34 nuwe diensraadlede twee dae by Adventure

Lees meer »

Ons dien: Vlamvang

Die Ratels vang die vlam! In 2026 het ons skoolimpieks kompetisie vir die eerste keer behoorlik vlamgevat. Die idee is deur die Dagbestuur van 2025

Lees meer »

+27 12 332 3222 | gsdp@gsdp.co.za | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa