
Dirkies gee om in 2025
Dirkies se dag van uitreik Ons leef dikwels in ’n gemaksone. ’n Dak oor jou kop, ’n bord gesonde kos en mooi klere om aan te trek, aanvaar ons as vanselfsprekend. Ons dink baie keer nie eers aan ander wat swaarkry nie, want dit is nie in ons verwysingsraamwerk nie.










