+27 12 332 3222 | gsdp@gsdp.co.za | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Leiers wat dien

Leierskamp by Adventure Peaks, 13–14 Augustus 2026

Deur Mariska vd Wetering

Op 13 en 14 Augustus het ons 34 nuwe diensraadlede twee dae by Adventure Peaks naby Pretoria deurgebring. Die kamp se tema kom uit Galasiërs 6:2: “Dra mekaar se laste – vermaan mekaar in liefde.”

Ons wou vir die kinders wys dat ’n leier nie die persoon is wat die hardste praat of die gewildste is nie. ’n Christelike leier luister eerste, sien die stil persoon raak, neem verantwoordelikheid en dien sonder om erkenning te soek.

Die eerste aand het hulle in groepe rolspele opgevoer van situasies wat al by ons skool gebeur het: ’n vriend wat ’n reël oortree, boeliegedrag, konflik in die klas en ’n ongewilde besluit. Elke groep het eers ’n swak en daarna ’n Christelike hantering uitgebeeld en dit aan die Woord getoets. Die aand is afgesluit met ’n brief aan hul toekomstige self en ’n kampvuur.

Vrydag is spanwerk en kommunikasie op die proef gestel met groepspeletjies, ’n blinddoek-legkaart en ’n modderige army-hindernisbaan. Daar het hulle aan die lyf gevoel dat jy net saam by die eindstreep kom.

Ons grootste les: om te lei, is nie om bo ander te staan nie, maar om saam met ander agter Christus aan te loop.

Nog nuus

Leiers wat dien

Leierskamp by Adventure Peaks, 13–14 Augustus 2026 Deur Mariska vd Wetering Op 13 en 14 Augustus het ons 34 nuwe diensraadlede twee dae by Adventure

Lees meer »

Ons dien: Vlamvang

Die Ratels vang die vlam! In 2026 het ons skoolimpieks kompetisie vir die eerste keer behoorlik vlamgevat. Die idee is deur die Dagbestuur van 2025

Lees meer »

+27 12 332 3222 | gsdp@gsdp.co.za | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa