+27 12 332 3222 | gsdp@gsdp.co.za | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Ons dien: Vlamvang

Die Ratels vang die vlam!

In 2026 het ons skoolimpieks kompetisie vir die eerste keer behoorlik vlamgevat. Die idee is deur die Dagbestuur van 2025 uitgedink en deur die Dagbestuur van 2026 met groot verwagtinge uitgevoer.

Die hoërskool is in vier spanne verdeel wat saam ons skool se naam spel: Duikers, Impalas, Ratels en Kwaggas. Jy bly jou hele hoërskoolloopbaan in dieselfde span, en so groei daar ’n egte lojaliteit oor grade heen.

Deur die jaar is drie Vlamvangdae gehou. Op Vlamvang 1 het die spanne in atletiek en sang meegeding, en op Vlamvang 2 in netbal, hokkie en vlugbal. Vlamvang 3 was ’n hele fees: fietsry, tafeltennis, FIFA-sokker op die PlayStation, sjoelbak, Pictionary, skaak, ’n spellethon en ’n Bybelvasvra. Daar was vir elke kind iets – die atleet, die sanger, die denker en die speler.

Vlamvang 3 het ook ’n diepere doel gehad. Elke span het borge ingesamel vir elke kilometer wat hulle in ses uur op ’n stilstaande fiets kon ry. So het ons nie net teen mekaar meegeding nie, maar ook saam gedien.

Na dertien items het die Ratels met 263 punte die louere weggedra. Hulle het boonop die bonuspunte vir die beste gees verower, en is as beloning op ’n uitstappie na die Valley of Waves in Sun City.

Het jy geweet?

Die vier spanne het op Vlamvang 3 saam 861 km op stilstaande fietse afgelê – in net ses uur! Elke span se gemiddelde spoed was ’n ongelooflike 35,9 km/h.

In syfers

Spanne4
Vlamvangdae3
Kompetisie-items13
Kilometers gefiets in 6 uur861 km
Items deur die Ratels gewen6
Wenspan se totaal263 punte

Ses uur lank het die pedale nie stilgestaan nie. Leerders het mekaar afgelos, aangemoedig en tot die laaste minuut aangehou. Elke kilometer het geld beteken, want borge het per kilometer gegee. Toe die fluitjie blaas, het die vier spanne saam 861 km afgelê. Hier het ons gesien wat Vlamvang eintlik is: ’n kompetisie, ja, maar bowenal ’n skool wat saamstaan en saam dien. Die fondse wat ingesamel is, is aangewend om die wenspan op ‘n opwindende uitstappie te neem na Sun City.

Uit ’n Dirkie se mond…

Aniek Moes, Vlamdraer 2026

Aniek se doelwit vir die jaar was eenvoudig: “om ’n voorbeeld te wees en deel te neem waar ek kon en ook die skool bietjie meer vlam te gee.” Sy was “ongelooflik verbaas” oor hoeveel leerders aan atletiek deelgeneem het net omdat hulle punte vir hul span wou verdien.

As sy nie vir die een span gehelp het nie, het sy ’n ander span gehelp. “Ek het my longe uitgehol, ek het fiets gery laat ek vlieg en my longe uitgeskree.”

Haar raad aan die volgende Vlamdraer: “Neem deel en glimlag altyd. As jy negatief praat, maak jy die mense rondom jou negatief.”

My hoogtepunt van 2026

“Die dag by Sun City was baie lekker – die prys is werklik ’n baie goeie prys, iets wat almal graag sou wou hê.”

– Aniek Moes, Vlamdraer 2026

Nog nuus

Leiers wat dien

Leierskamp by Adventure Peaks, 13–14 Augustus 2026 Deur Mariska vd Wetering Op 13 en 14 Augustus het ons 34 nuwe diensraadlede twee dae by Adventure

Lees meer »

Ons dien: Vlamvang

Die Ratels vang die vlam! In 2026 het ons skoolimpieks kompetisie vir die eerste keer behoorlik vlamgevat. Die idee is deur die Dagbestuur van 2025

Lees meer »

+27 12 332 3222 | gsdp@gsdp.co.za | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa