IGO is ‘n vak wat binne die raamwerk van die kultuurmandaat van Gen 1:28 val, naamlik die beheersing, bewerking en bewaring van die skepping. Die ontginning van die moontlikhede van die skepping is dus nie ‘n willekeurige menslike aktiwiteit nie, maar ‘n plig asook ‘n mandaat wat aan die mens gegee is. Die benutting van die IGO beginsels stel die mens dan ook in staat om hoër produksie te lewer, vinniger te reageer, uitdagings te oorkom en die ontgin van moontlikhede.
IGO gee ‘n groot blootstelling van TEKENvaardighede in tegniese en siviele tekeninge. In hierdie vak word ook die kreatiewe denke bevorder, asook hoe om navorsing te doen oor verskeie aspekte en dit ook te evalueer om hierdie navorsing prakties toe te pas. Deeglike beplanning en tydsberekening kom ook aan die orde van die dag. Akkuraatheid en netheid is die belangrikste elemente wat deurgaans toegepas moet word.