+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Natuurwetenskap

Graad 8 en 9

Die vak fokus op die ontdekking van en begrip vir die natuurwette. Leerders ondersoek verskynsels in fisika, chemie en biologie deur waarneming en eksperimentering, en leer hoe wetenskap in die daaglikse lewe en tegnologie toegepas word.

Die volgende uitgangspunte t.o.v. natuurwetenskap word aan die leerders geleer:

  • Leer om te onderskei tussen die Skepper en die skepping. Die grens tussen die Skepper en die skepping is die natuurwette wat God daar gestel het.
  • Christelike natuurwetenskappe onderskei tussen die materie, die planteryk, die diereryk en die mensdom. Die skepping is as ʼn eenheid met verskeidenheid geskep. Die mens is na die beeld van God geskep en is nie ʼn dier nie.
  • Christelike filosofie ken geen teenstrydigheid tussen geloof en wetenskap nie. Ware geloof sal nie ware wetenskap teëspreek nie en omgekeerd.
  • As gelowige wetenskaplikes moet ons, ons voorveronderstellings aan die Woord van God toets. Ons resultate moet in ooreenstemming wees met die riglyne wat ons in die Bybel vind.

Videos

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa