+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Lewenswetenskappe

God is Skepper, onderhouer en regeerder van alles wat lewe.  Deur die bestudering van God se skepping leer ons ook God ken.  In die bestudering van die graad 10 -12 Lewenwetenskappe vak is ons verwonderd oor God se grootheid en almag.

Deur wetenskaplike, logiese, analitiese en ander vaardighede mag ons die ryke verskeidenheid, interafhanklikheid en orde in die Skepping verstaan, waardeer en gebruik.  Klem word gelê op die kultuuropdrag van die mens om as rentmeesters van die aarde te lewe en die aarde te bewoon, bewerk en bewaak.

Wetenskap is dan die ervaring, waarneming, versameling van kennis en die sistematiese beskrywing van die werklikheid wat deur God geskape is.

Die vak behels verder die studie van alles wat lewe en die omgewing waarbinne lewe voorkom.  Voortdurende verwondering oor God se skepping en Sy onderhouding daarvan, word beklemtoon. 

Lewe word gedefinieer asook die omvang en kontinuïteit van lewe.  Lewe op aarde is dinamies met homeostase wat die balans handhaaf op elke vlak van organisasie.  Lewe word gekenmerk deur veranderinge en sisteme vertoon vlakke van organisasie vanaf molekules tot biome.  Basiese lewensprosesse soos voeding, voortplanting, uitskeiding, fotosintese ens. word onderrig. 

Vaardighede wat ontwikkel word, ook tydens praktiese werk, sluit in waarneming, ondersoek, verslaglewering, datahantering, evaluering, opinievorming en etiese waardestelling.

Hooftemas wat bestudeer word in graad 10-12

  • Omgewingstudies
  • Weefsels, selle en molekulêre studies
  • Strukture en beheer van prosesse in basiese stelsels
  • Diversiteit, verandering en kontinuïteit

Studie- en beroepsmoontlikhede

  • Verskeidenheid mediese rigtings
  • Verskeidenheid landbourigtings
  • Plantkunde
  • Dierkunde
  • Fisiologie
  • Ekologie
  • Biotegnologie
  • Embriologie
  • Epidemiologie
  • Voedselwetenskap
  • Toerisme

Hulpbronne

Videos

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa