+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Ekonomiese Bestuurswetenskap

Graad 8 en 9

Die vak help leerders om te verstaan hoe die ekonomie en besighede funksioneer. Dit dek basiese ekonomiese beginsels, entrepreneurskap en finansiële geletterdheid. Leerders leer hoe om verantwoordelik met geld om te gaan, hoe besighede begin en bestuur word, en hoe ekonomiese aktiwiteite gemeenskappe beïnvloed.

Die vak word by GSDP vanuit ‘n Gereformeerde perspektief benader met die Woord van God as grondslag. Dit beteken dat alle ekonomiese aktiwiteite onder God se soewereiniteit val. Besigheid behoort eties en regverdig bedryf te word, met ‘n fokus op verantwoordelike rentmeesterskap, diensbaarheid en die opheffing van die gemeenskap. Die vak moedig leerders aan om entrepreneurskap en besigheidsbesluite met integriteit uit te oefen – ongeag wat die landswette vereis. Winsbejag word nie as ‘n doel op sigself beskou nie, maar as ‘n instrument om die gemeenskap te bevorder en ‘n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer Die leerders word ook geleer om getrou en verantwoordelik met hulpbronne om te gaan, as rentmeesters tot eer van God. Ons erken dat alles aan God behoort en dat ons rekenskap aan Hom moet gee. Dit is belangrik om te onthou dat die Here die gewer is van alle eiendom, Hy is ook die Eienaar en onderhou dit (Ps 24:1). Die mens mag die besitter wees van wat God aan hom toevertrou het en moet op ’n verantwoordbare wyse daarmee omgaan.

Videos

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa