Besigheidstudies word by GSDP vanuit ‘n Gereformeerde perspektief benader met die Woord van God as grondslag. Dit beteken dat alle ekonomiese aktiwiteite onder God se soewereiniteit val. Besigheid behoort eties en regverdig bedryf te word, met ‘n fokus op verantwoordelike rentmeesterskap, diensbaarheid en die opheffing van die gemeenskap. Die vak moedig leerders aan om entrepreneurskap en besigheidsbesluite met integriteit uit te oefen – ongeag wat die landswette vereis. Winsbejag word nie as ‘n doel op sigself beskou nie, maar as ‘n instrument om die gemeenskap te bevorder en ‘n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer
Dit is ‘n vak wat leerders inlei tot die wêreld van besigheid en ondernemingsbestuur. Dit dek die basiese beginsels van hoe besighede funksioneer, insluitend entrepreneurskap, bemarking, finansiële bestuur en menslike hulpbronbestuur. Die vak fokus op die rol van besighede in die ekonomie, wetlike vereistes vir die bestuur van ‘n besigheid en die impak van globale en sosiale faktore op besighede. Dit help leerders om insig te kry in die besigheidsektor en berei hulle voor op loopbane in besigheid, bestuur, en entrepreneurskap.