Laerskool Dirk Postma bied gehalte onderrig vir graad 1- tot 7-leerlinge aan.
In die klaskamer en op die speelgrond word leerlinge aangemoedig om onafhanklik en in groepe te funksioneer en saam te werk. Leerlinge word goed toegerus om met ‘n sterk Christelike wêreldbeskouing en gereformeerde waardestelsel hul lewe te leef en in liefde na ander uit te reik.
akademie
Dirk Postma maak van ‘n verrykte kurrikulum gebruik, met die skool se Christelike-gereformeerde karakter wat sentraal tot die ontsluiting van elke vakgebied staan. Met die karakter as grondslag, word elke vakgebied geleer en ingekleur om as boustene vir verdere studies te dien.
God openbaar Hom in Sy skepping en in Sy Woord en deur Christelike wetenskapbeoefening word die natuur oopgebreek. Bybelonderrig is deel van die daaglikse roetine om goed gefundeerde, gebalanseerde leerling te kweek.
In 2023 implementeer Dirk Postma die IEB-skoolsisteem.
Toetsrooster Kwartaal 1 (2025)
Dag
Graad 4
Graad 5
Graad 6
Graad 7
Di. 4 Maart
Afrikaans
Afrikaans
Afrikaans
Afrikaans
Do. 6 Maart
Nat & Tegn.
Nat & Tegn.
Nat & Tegn.
NW
Vr. 7 Maart
Tegnologie
Di. 11 Maart
SW
SW
SW
SW
Do. 13 Maart
Engels
Engels
Engels
Engels
Vr. 14 Maart
EBW
Di. 18 Maart
Wiskunde
Wiskunde
Wiskunde
Wiskunde
sport
Netbal
Ons netbalspanne vanaf o/7 tot o/13 neem jaarliks deel aan die Daisy-liga. Ons het gereelde ligawenners en neem deel teen skole in ons omgewing.
Die skool se splinternuwe multi-funksionele bane maak verskeie sportsoorte moontlik.
Hokkie
In 2018 het die skool sy eerste mini-hokkie-oefening gehad. Ons gaan tans van krag tot krag en neem deel aan aksie-hokkieliga.
Met die ontwikkeling van GSDP se multi-funksionele bane, is dit moontlik om die netbalbane te omskep in hokkiebane.
Rugby
Die bulletjies neem jaarliks deel aan bulletjie-rugbydae, asook die groot Loftusdag.
Atletiek
Die laerskool neem jaarliks deel aan byeenkomste te Eduplex, Balmoral, Totiusdal en die ICO-byeenkoms.
kultuur
Verskeie kultuuraktwiteite verseker goed-gebalanseerde leerlinge.
Redaksie
Revue Koor
Inkleurklub
Kuns
Redenaars
algemene
inligting
Skoolure Gr 1 – Gr 2
07:40 – 13:00
Skoolure Gr 3 – Gr 7
07:40 – 13:30
Nasorgsentrum
13:00 – 17:00
Skoolgelde en inskrywings
Die toelatingprosedure en aanlyn aansoekvorm is beskikbaar op die Doen Aansoek blad.
Vir meer inligting rakende skoolgelde, stuur gerus ‘n e-pos na [email protected].
Skoolkwartale
2025 SKOOLKALENDER
Kwartaal
Open
Sluit
1ste
(13) 15 Jan
28 Mrt
2de
8 Apr
27 Jun
3de
22 Jul
3 Okt
4de
13 Okt
(10) 12 Des
Spesiale vakansiedae
29, 30 Apr, 2 Mei
2026 SKOOLKALENDER
Kwartaal
Open
Sluit
1ste
(12) 14 Jan
27 Mrt
2de
8 Apr
26 Jun
3de
21 Jul
23 Sep
4de
6 Okt
(9) 11 Des
skooldrag
Die voorgeskrewe kleredrag vir die laerskool word hier uitgebeeld.