+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Wiskunde Geletterdheid

Die oorhoofse doelstelling van Wiskunde is die ontwikkeling van logiese denke en redeneervermoë. Die leerlinge moet so gelei word dat hierdie vak nie die middel is om van God afhanklik te word nie, maar juis te lei tot eerbiedige verwondering van Sy skepping. As drie-enige God is God die Skepper en kom eenheid en verskille in die skepping voor. As Skepper is God ‘n God van orde (.1 kor 14:33). Wiksunde help ons om die presiesheid, orde en beginsels in God se skepping raak te sien. God het aan ons die rekenvermoë gegee, ons moet dit ontwikkel.

Wiskundige Geletterdheid is ‘n vak wat fokus op praktiese toepassing van basiese wiskunde in alledaagse situasies. Dit sluit in die gebruik van getalle, data en grafieke om probleme op te los wat verband hou met finansies, gesondheid en ander lewensvaardighede.

WiskundeWiskundige Geletterdheid
Klem word op beide abstrakte en praktiese toepassing gelê.Klem word gelê op praktiese toepassing wat vaardighede ontwikkel.
Is soms geïsoleerd vir baie leerders en hulle sien nie noodwendig die verwantskap met die werklikheid nie.Interpretasie word beklemtoon, bv. grafieke en tabelle in die media.
Stel leerders in staat om deur simbole en tabelle te kommunikeer.Alledaagse, praktiese probleme word opgelos.
Formules moet gememoriseer word.Formules word aan leerders voorsien waar hulle waardes substitueer en oplos.
Vertrekpunt is vakinhoud wat ingeoefen moet word.Vertrekpunt is konteks, m.a.w. ’n tema waar inoefening meestal in die klas plaasvind.
Kan TP-telling verlaag wat die oorsaak mag wees dat die leerder nie kan gaan studeer nie.Kan TP-telling verhoog.

Inhoud/hooftemas vir graad 10-12

  • Ruimtelike oriëntasie
  • statistiek
  • getalhantering
  • grafieke
  • skaaltekeninge
  • verhoudings en eweredighede
  • getalle en bewerkings met getalle
  • patrone
  • verwantskappe en voorstellings
  • algemene hantering van finansies
  • meting
  • kaartwerk en
  • waarskynlikheid

Vaardighede wat ontwikkel word

Die vak ontwikkel
  • kritiese denke,
  • probleemoplossingsvaardighede,
  • finansiële geletterheid en
  • ruimtelike vaardighede wat nodig is vir daaglikse besluite, eerder as ingewikkelde wiskundige teorie.

Studie- en beroepsmoontlikhede

Met Wiskundige Geletterdheid kwalifiseer leerders vir die volgende rigtings:
  • menslike hulpbronbestuurder,
  • sportwetenskaplike,
  • inligtingspesialis,
  • politikus,
  • sielkundige,
  • maatskaplike werker,
  • akteur,
  • dramaturg,
  • grafiese ontwerper,
  • kunstenaar,
  • staatsamptenaar,
  • taalkundige,
  • musikant,
  • joernalis (nagraadse program),
  • projekbeplanner,
  • onderwyser (grondslagfase tot intermediêre fase, R-6)
  • opvoedkundige sielkundige,
  • advokaat,
  • prokureur,
  • regsadviseur en
  • beroepe in gemeenskapsontwikkeling.

Hulpbronne

Videos

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa