+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Wiskunde

Die oorhoofse doelstelling van Wiskunde is die ontwikkeling van logiese denke en redeneervermoë. Die leerlinge moet so gelei word dat hierdie vak nie die middel is om van God afhanklik te word nie, maar juis te lei tot eerbiedige verwondering van Sy skepping. As drie-enige God is God die Skepper en kom eenheid en verskille in die skepping voor. As Skepper is God ‘n God van orde (.1 kor 14:33). Wiksunde help ons om die presiesheid, orde en beginsels in God se skepping raak te sien. God het aan ons die rekenvermoë gegee, ons moet dit ontwikkel.

In wiskunde word getalle, patrone en strukture bestudeer.  Dit behels die gebruik van logiese en abstrakte denke om probleme op te los en konsepte soos algebra, meetkunde en trigonometrie te verstaan.  Wiskunde is ‘n fundamentele hulpmiddel in die wetenskappe, ingenieurswese en vele ander velde.   Wiskundige probleemoplossing stel ons in staat om die wêreld (fisies, maatskaplik en ekonomies) te verstaan en bowenal leer dit ons om vindingryk te dink.

Vakinhoud vir graad 10-12

  • Algebra
  • Differensiasie
  • Getallestelsels
  • Getalpatrone
  • Funksies
  • Finansiële wiskunde
  • Waarskynlikheid
  • Euklidiese meetkunde
  • Analitiese meetkunde
  • Trigonometrie
  • Datahantering
  • Meting

Vaardighede wat ontwikkel word

  • Bedrewenheid in rekenvaardighede sonder om op sakrekenaars staat te maak.
  • Help om logiese denke en stelselmatigheid te ontwikkel.
  • Bevorder probleemoplossing en denkvaardighede.
  • Berei kinders voor vir verdere studie en opleiding.
  • Stel kinders in staat om die getallestelsels te verstaan en om daarmee te kan werk.

Hulpbronne

Videos

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa