+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Tegnologie

Graad 8–9

Die vak leer leerders om praktiese probleme op te los deur tegniese denke, ontwerp- en maakprosesse. Hulle ontwikkel vaardighede in beplanning, konstruksie en die gebruik van materiale en gereedskap, met begrip van hoe tegnologie die samelewing en omgewing beïnvloed.

Die vak dek ʼn aantal aspekte van God se skepping en die menslike vermoëns om dit te benut, dus hoe om natuur en kultuur te omskep.

Die volgende uitgangspunte t.o.v. tegnologie word aan die leerdere geleer:

  • Die mens moet sorg dat God se skepping bewaar word en dat hy daardeur God en sy medemens dien.
  • Leerdere leer dat tegnologie nie bloot menslike uitvindsels is nie, maar ʼn inherente deel van die skepping vorm. Daarom leer hy wanneer moontlikhede ontgin word, dat rekening gehou word met ordelikheid, balans en interafhanklikheid van die skepping, sodat dit nie versteur of misbruik word nie.
  • Die mens se gesindheid en ingesteldheid bepaal wat hy doen. Tegnologie kan gebruik word om die evangelie te versprei, maar ook om afgodery te bedryf.

Videos

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa