+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Sosiale Wetenskap

Graad 8 en 9

Die vak bestaan uit Geskiedenis en Geografie en help leerders om die wêreld, mense en gebeure beter te verstaan. Hulle bestudeer die verlede, leer hoe samelewings ontwikkel het, en ondersoek hoe mense en omgewings mekaar beïnvloed.

Die vak fokus op die leefomgewing en die taak van die mensdom in die skepping. In dié vakgebied geld die beginsel dat God oor alles regeer. Alle aardse verskynsels sowel as gebeure op die aarde word beskryf en beoordeel aan die hand van hoe God Homself in die Bybel openbaar. Die inhoud word so aan die leerders gebring dat hulle in staat sal wees om die eenheid tussen God se Woord en sy skeppingswerke kan sien.

Geografie

Geografie is die mens se beskrywing van die fisiese verskynsels wat op die aarde gevind word. Hierdie verskynsels moet bestudeer en benoem word, sodat die mens sy rentmeesteropdrag op hierdie aarde kan uitvoer. Psalm 24 maak dit duidelik dat die aarde en die volheid daarvan aan die HERE behoort, sowel as die wêreld en die wat daarin woon. Die mens is dus verantwoordelik vir en gebruik van alles wat deur God aan hom toevertrou word.

Geskiedenis

Geskiedenis is nie ʼn outonome proses nie, maar dit word deur God gelei. Alle gebeure lei tot die realisering van die Koninkryk van God waarvan die voltooiing eers sal plaasvind aan die einde van die geskiedenis by die wederkoms van Christus. Geskiedenis kan nie neutraal aangebied word nie. Dit word aangebied vanuit die mens se gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid aan God binne die verhoudings waarin hy geplaas is naamlik met die Here, sy naaste, die samelewing en die skepping. Dit is belangrik om te onthou dat God alle geskiedenis lei, bestuur en bepaal. Sonder sy wil en binne Sy beskikking kon en sal niks gebeur nie (NGB artikel 13). God regeer dus alles volgens sy voorsienigheid.

Hulpbronne

Videos

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa