Graad 8 – 12
Die vak fokus op die ontwikkeling van leerders se persoonlike, sosiale, emosionele en fisieke welstand. Dit rus hulle toe met lewens- en loopbaanvaardighede, gesonde waardes, verantwoordelike besluitneming en ‘n Christelike lewensbeskouing om volwasse en gebalanseerde lewens te lei.
Die fondament vir hierdie vak kom uit Psalm 119:9 “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na U Woord” Die norme en waardes wat die Here vir ons in sy Woord gee verander nooit nie, aangesien dit deur die Here self gegee is. ‘n Christelike lewens- en wêreldbeskouing bied die basis waarop alle vraagstukke in die vak hanteer word. Christelike burgerskap, roepingsbewustheid, omgewingsbewustheid en liggaamlike gesondheid is temas wat in die vak aangeraak word. In die Christelike lewensoriëntering word diensbaarheid aan ander beklemtoon bo diens aan jouself.
Ander doelwitte sluit in:
- Gawes en talente moet gebruik word om die koninkryk van God uit te bou. Selfverloëning speel ‘n belangrike rol in Christelike diensbaarheid (Matt. 16:24).
- Die mens moet as rentmeester van God se skepping verantwoordelik met hulpbronne omgaan.
- Die mens is na die beeld van God geskep en het om die rede bepaalde voorregte (nie menseregte nie) van God ontvang.
- Die liggaam is ‘n tempel van God en moet om die rede opgepas word, omdat die Here deur Sy Gees in ons liggame wil woon.
- Roeping: Die mens het ‘n roeping op aarde wat uitloop op die beoefening van bepaalde beroepe. God skenk aan elkeen die nodige gawes en talente om die werk waarvoor Hy hulle roep suksesvol uit te voer. Selfs al is ‘n ‘n Christen werkloos is hy nooit roepingloos nie.