+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Kuns en Kultuur

Graad 8 en 9

Die vak ontwikkel leerders van graad 8 en 9 se kreatiwiteit en uitdrukking deur visuele kuns en kunswaardering. Hulle leer oor kunselemente, tegnieke, materiale en die geskiedenis van kuns, en skep self kunswerke wat hul idees, emosies en waarnemings weerspieël.

In die vak word die leerder bewus gemaak van die estetiese van die skepping en leer hy ook om dit te waardeer. Dit vind neerslag in beeldende kuns (teken, skilder, boetseer ens.) sowel as uitvoerende kuns (musiek, dans en drama).

God gee in sy Woord duidelike opdragte oor hoe en met watter doel sy skepping gebruik moet word.
Die volgende Bybelse uitgangspunte t.o.v. kuns word aan die leerders geleer:

  • Die doel van kuns is om die skoonheid van God se skepping raak te sien en te bewonder sowel as om die kreatiewe vermoëns van die mens te ontwikkel.
  • Die mens het verskillende talente van die Here ontvang. Hy gee die opdrag om dit te ontwikkel, aan te wend tot eer van sy Naam en tot heil van die naaste. Hierdie beginsel geld ook vir alle kunsaktiwiteite.
    Alle kuns is nie noodwendig mooi en tot eer van God nie aangesien dit ook deur die sondeval aangetas is. Leerders leer hier onderskeidingsvermoë.

Videos

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa