+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Kerkgeskiedenis

Graad 8 – 12

Kerkgeskiedenis bied waardevolle insigte rakende die toekoms van die kerk vanuit die Bybelse norm. Ons sien ook dikwels dat daar patrone in die geskiedenis is wat telkens herhaal word. Die vak hanteer die bemoeienis van die Here met sy kerk vanuit ‘n geskiedkundige perspektief. Bybelse norme word gebruik om gebeure in die geskiedenis van die kerk te evalueer.

Ander belangrike redes waarom ons kekgeskiedenis as vak aanbied is sodat leerders kan:

  • Sien hoe die Here die kerk teen die aanslae van die satan deur die eeue heen bewaar.
  • Verkry insig in die toekoms van die kerk deur geskiedenis van die kerk te bestudeer.
  • Verkry insig in die kern van elke dwaling in die verlede om so ook die huidige dwaalleer te kan identifiseer, die kerkgeskiedenis verduidelik ook huidige omstandighede
  • Bring kerkgeskiedenis in verband met die geskiedenis van die wêreld.
  • Bevorder belangstelling in en liefde vir die kerk van die Here.
  • Bespreek etiese vraagstukke vanuit spesifieke Skrifgedeeltes.
  • Rus leerdere toe in die Christelike Apologetiek met die oog op Tersiêre opleiding.

Videos

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa