Graad 8 – 12
Die vak ontwikkel leerders se vermoë om Engels doeltreffend te verstaan, te praat, te lees en te skryf. Daar word gefokus op kommunikasievaardighede, taalstruktuur, begrip en die waardering van Engelse letterkunde. Deur verskeie tekste en skryfvorme leer leerders om Engels met selfvertroue en insig in akademiese, sosiale en beroepskontekste te gebruik.
Die hoofdoelwit van enige taal is om die skepping te ontsluit. Deur middel van taal word al die verskillende dinge wat bestaan benoem, sodat wetenskap en kommunikasie moontlik is. Taal is die middel waardeur God Hom in sy skepping en sy Woord openbaar. Taal is dus ‘n middel om (1) God te leer ken deur (a) die skepping te benoem en (b) te kommunikeer met ander.