(Graad 8–12)
Die vak Afrikaans Huistaal fokus op die ontwikkeling van luister-, praat-, lees- en skryfvaardighede op ‘n gevorderde vlak. Leerders leer om taal korrek, kreatief en doelbewus te gebruik in verskeie kontekste. Die vak bevorder begrip van en waardering vir Afrikaanse letterkunde en kultuur. Daar word klem gelê op taalleer, leesbegrip, letterkunde (poësie, prosatekste en dramas) en eie skryfwerk.
Die hoofdoelwit van enige taal is om die skepping te ontsluit. Deur middel van taal word al die verskillende dinge wat bestaan benoem, sodat wetenskap en kommunikasie moontlik is. Taal is die middel waardeur God Hom in sy skepping en sy Woord openbaar. Taal is dus ‘n middel om (1) God te leer ken deur (a) die skepping te benoem en (b) te kommunikeer met ander.