Help ’n kind-wynverkope
Ons is dankbaar om te kan deel dat GSDP se aansoek by Die Kinderfonds suksesvol was. Hierdie befondsing maak dit moontlik om ’n paar van ons eie kinders en gesinne op ’n sinvolle wyse te ondersteun.
As deel van hierdie projek gee ons graag ook weer terug tot Die Kinderfonds se werk. Ons het ’n beperkte hoeveelheid uitstekende Saronsberg-wyn ontvang wat ons nou aan ons ouers en die gemeenskap beskikbaar stel.
Slegs 72 bottels beskikbaar.
Elke aankoop help ons om die vereiste teenprestasie te lewer, en dra indirek weer by tot ’n projek waarby kinders uit ons eie skoolgemeenskap baat.
Die wyn is ideaal vir ’n familiekuier, ’n rustige Sondagmiddagete of as ’n besondere geskenk.
Bestel asseblief betyds — voorraad is beperk.
Verkope slegs aan persone 18 jaar en ouer.