+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Kleuterskool

Pret, geborgenheid en stimulasie binne ‘n veilige leeromgewing is sprekend van Dirkieland. Kleuters van 3 – 6 jaar leer spelenderwys en ontvang ‘n uitstekende wegspringplek vir die lewe.

Die belangrikste deel van ’n mens se vormingsjare vind by die skool plaas. Hiér leer jy nie net lees en somme maak nie, jy leer ook oor die lewe, waardestelsels en verwysingsraamwerke. Kortom, by die kleuterskool leer jy van menswees.

Om ’n skool te kies, gaan nie net oor die naaste skool of die skool met die beste sportgeleenthede of akademiese rekord nie. Om ’n skool te kies, is ’n keuse wat jou kind gaan vorm in sy of haar menswees.

Dirkieland fokus op:

Bybelonderrig as deel van die daaglikse roetine om goed gefundeerde, gelowige kleuters te vorm.

Die skep van ‘n positiewe omgewing, waar kleuters deur gerigte leer self kan ontdek, eksperimenteer en kreatief wees.

Die skep van ‘n leeromgewing, waar kleuters wegspringblokke vir die ontwikkeling van uitstekende leesvaardighede, ‘n uitgebreide woordeskat en kernbelangrike basiese Wiskunde-vaardighede ontvang.

Onderwysers wat roepinggedrewe kleuters van kleins af in liefde leer en onderrig om self eendag hul eie roeping te kan uitleef.

Personeel poog dat die ontwikkeling en aanleer van luister, taal en sosiale vaardighede prioriteit is.

Veilige nasorgfasiliteite tot 17:00.

ekstra kurrikulêre aktiwiteite

Lees meer

algemene
inligting

Lees meer

Dirkieland-kleredrag

Lees meer

ekstra kurrikulêre aktiwiteite

Verskeie buitemuurse aktiwiteite word by die skool aangebied en is vir u eie rekening. Die aanbieding van hierdie aktiwiteite begin Februarie en vind plaas na afloop van die dagprogram en sal elke 3de jaar hersien word. Demonstrasielesse word gedurende Januarie aangebied. U sal gereelde terugvoer ontvang vanaf die betrokke aanbieders rakende u kind se vordering. Ons beveel aan dat die kleuters nie aan meer as twee aktiwiteite deelneem nie.

algemene inligting

Skoolure

07:45 – 13:00

Nasorgsentrum

13:00 – 17:00

2026 SKOOLKALENDER
KwartaalOpenSluit
1ste(12) 14 Jan27 Mrt
2de8 Apr26 Jun
3de21 Jul23 Sep
4de6 Okt(9) 11 Des

Dirkieland-kleredrag

Ons Dirkie-kleuters dra gewone klere skool toe. Ons weet dat soos die kinders groei is daar soms nie genoeg “ou” klere nie, maar trek asseblief vir die kleuter klere aan waarvoor u nie te jammer is nie en wat maklik wasbaar is. Onthou dat hier GESPEEL word! Meer inligting hieroor is beskikbaar in die inligtingstuk.

dagprogram

Graad RRRR

TydAktiwiteit
7:00
-
7:40
Aankoms en vryspel
7:45
-
8:00
Toiletroetine en opruim
8:00
-
8:20
Oggendkring (Bybelkring en weerkaart)
8:20
-
9:00
Skeppende kuns
9:00
-
9:15
Toiletroetine en opruim
9:15
-
9:30
Kringtyd (Musiek / Versie / Taal / Wiskunde / Wetenskap / Beweging)
9:30
-
10:00
Kossie-tyd
10:00
-
10:40
Toiletroetine en opruim
10:40
-
11:00
Buitepret (Buitespeeltyd)
11:00
-
11:15
Storietyd
11:15
-
13:00
Rustyd
13:00
-
14:00
Vertrektyd

Graad RR - RRR

TydAktiwiteit
7:00
-
7:40
Aankoms en vryspel binne
7:45
-
8:00
Toiletroetine en opruim
8:00
-
8:20
Oggendkring (Bybelkring en weerkaart)
8:20
-
9:00
Skeppende Kuns
9:00
-
9:15
Toiletroetine en opruim
9:15
-
9:30
Kringtyd (Musiek / Versie / Taal / Wiskunde / Wetenskap / Beweging)
9:30
-
10:00
Kossie-tyd
10:00
-
10:40
Toiletroetine en opruim
10:40
-
11:00
Buitespel
11:00
-
11:15
Storietyd
11:15
-
13:00
Rustyd

Graad R

TydAktiwiteit
7:00
-
7:40
Aankoms en vryspel binne
7:40
-
8:00
Opruim en toiletroetine
8:00
-
8:30
Oggendkring (Bybelkring en weerkaart)
8:30
-
9:20
Skeppende kuns
9:20
-
9:30
Opruim en toiletroetine
9:30
-
10:00
Kring 1 (Musiek / Versie / Taal / Wiskunde / Wetenskap / Beweging)
10:00
-
10:30
Kossie-tyd
10:30
-
11:00
Buitepret (Buitespeeltyd)
11:00
-
11:30
Kring 2 (Skoolgereedheid)
11:30
-
12:00
Buitepret (Buitespeeltyd)
12:00
-
12:30
Storietyd
12:30
-
13:00
Rustyd
13:00
-
14:00
Vertrektyd

ALGEMENE RIGLYNE EN VEREISTES

By Dirkieland word daar klem gelê op ’n liefdevolle en veilige omgewing waarin kleuters optimaal kan aanpas en leer. Ouers word versoek om hulle kinders by die deur af te lewer en op te haal, en om die personeel in te lig van enige groot veranderinge tuis. Afwesighede, siektes en medikasie moet steeds aan die skool gekommunikeer word om die welstand van alle kinders te beskerm. Naskooldienste is beskikbaar vir ouder kinders, terwyl maksimum klassiegrootte gehandhaaf word om aandag aan elke kind te verseker.

Assessering vind deurlopend plaas, en ouers ontvang kwartaalverslae sowel as ’n kunslêer met hul kind se kreatiewe werk. Daar word ’n balans gehandhaaf tussen instruktiewe en kreatiewe kuns, en kinders word aangemoedig om self te eksperimenteer en uit te druk. Christelike waardes en gemeenskapsbewustheid word geïntegreer in al die aktiwiteite, met fokus op liefde, barmhartigheid en dissipline in ’n veilige en ondersteunende omgewing.

Die kurrikulum is ontwerp om leer en geloof te kombineer, met Bybelverhale, gebed, memorisering en ontwikkeling van kernvaardighede soos kommunikasie, kreatiwiteit, fisiese ontwikkeling en sosiale vaardighede. Die agt multi-intelligensies word bevorder om die unieke talente van elke kind aan te moedig, en kinders leer om probleme selfstandig op te los en as deel van ’n groep saam te werk.

Skoolpraktyke sluit gesonde voeding, herwinning, fondsinsamelings, verjaarsdae en veiligheidsmaatreëls in. Ouers word betrek by verskeie aktiwiteite en fondse word gebruik om die skoolomgewing te verbeter. Besonderhede rakende klere, tasinhoud, speelterrein, konsert en skoolfoto’s word voorsien om voorsiening te maak vir ’n georganiseerde en prettige leerervaring.

Veiligheid, gesondheid en dissipline is prioriteit, en alle reëls word in ’n liefdevolle, opbouende en Christelike konteks toegepas. Ouers en personeel werk saam om kinders se ontwikkeling, veiligheid en welstand te bevorder, sodat hulle in ’n koesterende omgewing kan groei, leer en floreer.

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa