+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Sakegemeenskap

Saam bou ons 'n netwerk van geloof, diens en groei.

GSDP werk hand aan hand met plaaslike besighede en professionele vennote om ’n impak te maak. Deur besigheidsontbyte, borgskappe, en ons Besigheidsgids, skep ons ’n platform vir wedersydse ondersteuning. Jou onderneming kan deel wees van ’n groter roeping om geloof, opvoeding en gemeenskap te versterk.

BESIGHEDE IN ONS AREA

Kuyaba Services

Cleaning and Hygiene Services

WinskoopToere

WinskoopToere bied sakpas avontoere na Europa en Afrika.

Edge Communications

Edge Communications help Suid-Afrikaanse maatskappye en lidorganisasies om hul reputasie te bou deur strategiese kommunikasie, kreatiewe veldtogte en betrokkenheid. Hulle skep betekenisvolle ervarings wat waarde, tevredenheid en interaksie vir lede en kliënte bevorder.

Ons Waardevolle Ondersteuners

Dankie aan ons besigheidsvennote wat ons missie ondersteun.

Registreer Jou Besigheid

Word deel van Gereformeerde Skool Dirk Postma se aanlyn besigheidsgids!

Die gids is die een-stop-plek waar besighede en die gemeenskap mekaar kan vind. U besigheid se naam, beskrywing, kontakbesonderhede en logo sal op ons webblad vertoon word. Besighede sal ook gereeld op ons sosiale media uitgelig word, wat u nog meer sigbaarheid binne die gemeenskap gee.

Deelname kos slegs ’n eenmalige fooi van R500.

Registreer deur die vorm in te vul.

Borg 'n Projek

Aktuele projekte wat jou ondersteuning benodig.

Musieksentrum

GSDP het die droom om ’n musieksentrum te begin. Daarvoor benodig ons fondse vir musiekinstrumente en infrastrukstuur te betaal.

Borg ’n leerder

As gevolg van beperkte staatsubsidies, kan die skool nie korting soos in die verlede aan minderbevoorregte leerlinge gee nie. Deur by te dra tot die hulpfonds, kan u help dat hierdie leerlinge gehalte-onderrig ontvang.

Ons Sakegemeenskap In Aksie

Boomplanting

Plantcare Services het die skool besoek om Kaapse Essenhout-bome te plant ter viering van Plant-‘n-boom-dag in September.

Ons bedank graag die anonieme skenker van hierdie bome. Marnix van Straten van Plantcare Services het die leerlinge ook oor interessanthede oor bome geleer.

Een van die dae gaan die bome baie koelte bied, die skoolgeboue teen die son beskerm en die sportgronde verfraai.

Psalm 1:3. Ons kinders is soos die boompies wat geplant is by waterstrome, wat vrug gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie. Hierdie bome herinner ons ook voortdurend hieraan.

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa