+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Naskool

Ons wil by GSDP ‘n veilige huislike omgewing skep vir leerders wie se ouers langer ure moet werk. Dit word gedoen deur drie toegewyde dames wat hierdie taak as ‘n besondere roeping beskou.

Die perseel is langs die laerskoolkantoor geleë en spog met ‘n veilige goed toegeruste speelruimte. Die kleuters word apart by die kleuterskool versorg.

Voorsien u kind asseblief van die volgende:

ALLE ITEMS MOET GEMERK WEES.

  • Speelklere
  • Potloodsakkie met skryfbehoeftes soos vir huiswerk benodig

Personeel

Die kinders word in verskillende groepe met ‘n toegewysde personeellid ingedeel sodat huiswerk effektief afgehandel kan word.

PersoneellidGradeTyd
Mev Michelle VerhoefKleuterskool13h00 - 17h00
Me Christina BakkerKleuterskool13h30 - 15h00
Mev Leoni PrinslooGr 1 - Gr 213h00 - 15h30
Mev Rinske MeyerGr 3 - Gr 514h00 - 17h00
Mev Jeannett BoskerGr 5 - Gr 713h00 - 15h45

Fooie 2026

1ste leerde2de leerder3de+ leerderDagtarief
Maandelikse tarief vir 12 maandeR1,030R820R305R85
Registrasiefooi: R 250,00 eenmalig per nuwe gesin

Die fooie sluit slegs ‘n vrug en ‘n koeldrank in, elke leerder moet self ‘n kospakkie vir die middag saamneem.

Ure:

Direk na skool: 13:00/13:30 tot 17:00.

Nasorgsentrum sluit stiptelik 17:00. Verseker asseblief dat u kind betyds gehaal word.

Program

ProgramTyd
Speel en eet13:00/13:30 – 14:00
Huiswerk14:10 – 15:10
Verversings15:10 – 15:30
Huiswerk selfstandig voltooi – huistoe gaan15:30 – 17:00
Indien huiswerk klaar is, speeltyd15:30 – 17:00
VrydaeBak en brou of kreatiewe kuns of speletjies en sport

Huiswerk en studies

  • Huiswerk word van 14:10 – 15:10 gedoen. U kind sal in die voltooiing van sy/haar daaglikse huiswerk bygestaan word. Toesig en hulp sal met studies gedurende toets- en eksamentye aangebied word.
  • Ouers is steeds verantwoordelik om huiswerk na te gaan, al word huiswerk en studies by die naskool voltooi.
  • Indien u kind nie die huiswerk in hierdie tydgleuf voltooi nie, moet die kind dit selfstandig by die naskool of tuis voltooi.
  • Graad 1-ouers moet asseblief na hul kind se leeswerk luister.

Buitemuurse aktiwiteite

Ons sal verseker dat u kind die aktiwiteite waarvoor hy/sy ingeskryf is gedurende die week, bywoon. Voorsien die naskoolonderwyser asseblief van alle inligting met betrekking tot buitemuurse aktiwiteite. Indien die buitemuurse aktiwiteite in dieselfde tydgleuf as die huiswerk val moet die kind dit selfstandig by die naskool of tuis voltooi.

Vakansies

Nasorgsentrum is tydens die skoolvakansie as volg oop:

VakansieInligting
AprilGesluit
Julie

  • Ouers moet vooraf plek bespreek.

  • Nasorg is slegs oop as daar elke dag 7 of meer kinders is.

  • Nasorg is slegs vir die eerste twee weke oop.

  • Dagtarief word gehef teen R84 per dag.

Desember

  • Ure: Dag wat skool sluit: 11:00

  • Ure: 7:00 – 17:00

  • Kleuter- en laerskool saam

  • Geen ekstra koste

  • Sluit naaste Vrydag aan die 16e Desember

Reëls:

  • Selfone: Geen selfone. Indien ‘n ouer wil skakel, kan die onderwysers wat toesig hou gekontak word. Hulle moet ongehinderd kan speel en huiswerk doen.
  • Waardevolle items: Nasorg neem nie verantwoordelikheid vir waardevolle items wat leerders saamneem nie. Indien dit breek of wegraak is die leerder wat dit saamgeneem het self daarvoor verantwoordelik.
  • Speelklere: Indien leerders aan gimnastiek of ballet deelneem en reeds die klere hiervoor aantrek, moet hul gewone klere bo-oor aantrek. ‘n Leotard is nie gepaste speelklere nie.
  • Snoepie: Die nasorg het ‘n snoepie, leerders mag geld saamneem om te koop.
  • Vloek: Geen gevloek of vuiltaal sal geduld word nie.
  • Boeliegedrag: Geen boeliegedrag sal geduld word nie, leerders wat hul hieraan skuldig maak kan gevra word om die nasorg permanent te verlaat.
  • Vandalisme: Indien leerders die skool of nasorg se eiendom beskadig sal baie streng opgetree word. Die leerder en sy/haar ouers sal verantwoordelik gehou word vir die koste hiervan.
  • Alle ander skoolreëls geld ook vir die nasorg.

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa