+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa
Gefundeerd in ons belydenis, gehoorsaam aan die Woord, getrou aan die beginsels van die reformasie, staan ons skool as unieke monument van verbondsgehoorsame ouers.
Die Gereformeerde Skool Dirk Postma se grondslag is die Heilige Skrif, soos bely in die Drie Formuliere van Eenheid.
Vanuit hierdie grondslag glo GSDP dat Christus se lig in en uit alle vakke en alle aktiwiteite van die skool skyn.
GSDP het ‘n doelgerigte leerkultuur, kleiner klasgroottes, en onderwysers wat hul taak as roeping sien en uitleef.
By GSDP is daar nie ‘n ongebalanseerde klem op prestasie nie en al die leerders word toegerus om hul Godgegewe potensiaal te bereik.
Hier gee ons vir die leerders ankers om hul roeping met geloofsvertroue na skool te kan uitleef.
Gefundeerd in ons belydenis, gehoorsaam aan die Woord, getrou aan die beginsels van die reformasie

1818 - 1890
Die grondlegger van ons onderwysfilosofie en die inspirasie agter ons skool se naam en beginsels.
Sedert 1987 vorm en ontwikkel die Gereformeerde Skool Dirk Postma leerders aan die hand van ‘n gereformeerde belydenis en volgens die Skrif.
In 1998 het ons skool in roepingsgetrouheid uitgebrei om leerders ook in die hoërskool te onderrig. Saam met die kleuterskool, wat ‘n sekere en stabiele wegspring in die skoolloopbaan verseker, vorm en bied ons laer- en hoërskool ‘n unieke aanslag in opvoeding.
Dié drie skole funksioneer selfstandig, maar deel tog ‘n gemeenskaplike karakter en gemeenskaplike uitkoms, naamlik om goed gebalanseerde, roepingsbewuste, gereformeerde jongmense toe te rus.
Die skool se onderwys beweeg binne die raamwerk van die Departement van Onderwys se kurrikulumvoorskrifte, maar word reformatories ontwikkel, aangevul en aangebied.
Daarom geniet voortdurende kurrikulumontwikkeling by GSDP prioriteit en is goed toegeruste, reformatoriese personeel ‘n vanselfsprekende bousteen.
Aan die einde van die skoolloopbaan ontvang elke leerling ‘n ICO-sertifikaat wat aantoon dat die leerling ‘n gereformeerde skoolloopbaan gevolg het.
Dirk Postma is ‘n ouerskool waar die ouers die hartklop van die skool is.
Ouerbetrokkenheid verseker dat die skool ‘n verlenging van die huis en kerk is en daarom ‘n hegte eenheid vorm.
Verder verseker ouerbetrokkenheid dat die gereformeerde karakter op alle terreine uitgebou word.
Persoonlike aandag vorm ‘n belangrike element van onderrig by GSDP. Binne gekontrolleerde klasgroottes is dit makliker om met elke leerder ‘n verhouding te bou en individuele aandag te gee.
Dit is belangrik dat kinders as volle en gebalanseerde mense moet ontwikkel. Al die kinders kry kans om aan sport- en kultuuraktiwiteite deel te neem, nie net die uitblinkers nie.
GSDP lê nie ongebalanseerd klem op prestasie nie en glo dat elke kind sy of haar beste moet doen volgens die gawes wat die Here aan hom of haar gegee het.
‘n Hoë akademiese standaard word gehandhaaf en gevolglik presteer ons leerders op dieselfde vlak as van die beste skole in Gauteng.
GSDP bied ‘n gesonde opvoedingsmilieu waar leerders omgaan met maats en onderwysers wat dieselfde normes en waardes het.
Ons gee vir die leerders ankers om hul roeping met geloofsvertroue na skool te kan uitleef, met roepingsgedrewe onderwysers wat vir hulle taak aanmeld.
+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa