+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

akademie

Die Hoërskool Dirk Postma bied gehalte onderrig, gebou op ‘n sterk Christelike fondament en ‘n reformatoriese kultuur in ‘n veilige omgewing waarbinne leerders kan floreer.

Dirk Postma maak van ‘n verrykte KABV kurrikulum gebruik, waar die basiese bekende kurrikulum aangevul word vanuit verskeie bronne, vanuit ‘n reformatoriese wêreldbeskouing.

Gekontrolleerde klasgroottes met ‘n lae onderwyser-tot-leerling-ratio verseker dat leerders optimaal in die klas deelneem en aandag geniet.

Kritiese denke, binne ‘n veilige omgewing, word ontwikkel en rus leerders met die nodige Christelike lewensvaardighede toe om hul roeping in Suid-Afrika en die wêreld, te vervul.

Die Gereformeerde Skool Dirk Postma is dankbaar vir ‘n 100%-matriekslaagsyfer.

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa