Dopperspele ’n groot sukses

Gereformeerde Skool Dirk Postma het die voorreg gehad om Saterdag, 17 Mei 2025 hul terrein beskikbaar te kon stel vir GKSA se 16e Dopperspele. Hierdie spele is deur verskeie Gereformeerde gemeentes begin as ‘n fondsinsamelingsprojek, maar dit het vinnig geblyk dat die onderlinge belewing van geloofsgemeenskap  onder verskillende gemeentes ‘n belangrike fokus moet wees. Vir 14 jaar is dit op GK Andeon se terrein aangebied, maar nadat die terrein verkoop is, moes ‘n ander tuiste vir die Dopperspele gevind word.

Hierdie dag dien steeds as fondsinsamelingsprojek, maar dit waarvoor die fondse gaan het ook ‘n  groter doel begin kry. Alle fondse wat geïn word met die Dopperspele gaan hoofsaaklike vir die Gereformeerde Kerk Bergsig, die EVT fonds (versorging van emeriti) en Koningskinders (Woordbediening aan kinders in moeilike sosiaal-maatskaplike omstandighede).

Altesaam 24 gemeentes het deelgeneem om van die dag ’n groot sukses gemaak. Die sportsoorte wat aangebied is, was jukskei, tafeltennis, poel, sjoelbak, boules, veerpyle, vingerbord, ringtennis, vlugbal, toutrek en pluimbal.

GK Rietvallei het as wenners uit die stryd getree met ’n totale puntetelling van 131. In die tweede plek was GK Wonderboom-Suid met ’n puntetelling van 106. Die GK Die Kandelaar het in die derde plek geëindig met 87 punte.

Die ander gemeentes wat deelgeneem het, was VGK Pretoria, GK Annlin, GK Totiusdal, GK Oos-Moot, GK Lyttleton, GK Derdepoort, GK Kameeldrift, GK Wonderboompoort, GK Wierdapark, GK Centurion, GK Daspoort, GK Randburg, GK Waterkloofrand, GK Hartebeespoort, APK, GK Brits, GK Wilropark, GK Rooihuiskraal, GK Meintjeskop, GK Pretoria en GK Alkantrant.

Saskia Meijer, skoolhoof van Gereformeerde Skool Dirk Postma, sê dat al die rolspelers se samewerking tot die dag se sukses bygedra het. Volgende jaar se Dopperspele vind op 16 Mei plaas.

Nog nuus