+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Sakegemeenskap

Saam bou ons 'n netwerk van geloof, diens en groei.

GSDP werk hand aan hand met plaaslike besighede en professionele vennote om ’n impak te maak. Deur besigheidsontbyte, borgskappe, en ons Besigheidsgids, skep ons ’n platform vir wedersydse ondersteuning. Jou onderneming kan deel wees van ’n groter roeping om geloof, opvoeding en gemeenskap te versterk.

Ons Sakegemeenskap In Aksie

Boomplanting

Plantcare Services het die skool besoek om Kaapse Essenhout-bome te plant ter viering van Plant-‘n-boom-dag in September.

Ons bedank graag die anonieme skenker van hierdie bome. Marnix van Straten van Plantcare Services het die leerlinge ook oor interessanthede oor bome geleer.

Een van die dae gaan die bome baie koelte bied, die skoolgeboue teen die son beskerm en die sportgronde verfraai.

Psalm 1:3. Ons kinders is soos die boompies wat geplant is by waterstrome, wat vrug gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie. Hierdie bome herinner ons ook voortdurend hieraan.

Ons Waardevolle Ondersteuners

Dankie aan ons besigheidsvennote wat ons missie ondersteun.

Registreer Jou Besigheid

Borg 'n Projek

Aktuele projekte wat jou ondersteuning benodig.

Musieksentrum

GSDP het die droom om ’n musieksentrum te begin. Daarvoor benodig ons fondse vir musiekinstrumente en infrastrukstuur te betaal.

Borg ’n leerder

As gevolg van beperkte staatsubsidies, kan die skool nie korting soos in die verlede aan minderbevoorregte leerlinge gee nie. Deur by te dra tot die hulpfonds, kan u help dat hierdie leerlinge gehalte-onderrig ontvang.

BESIGHEDE IN ONS AREA

Edge Communications

Edge Communications help Suid-Afrikaanse maatskappye en lidorganisasies om hul reputasie te bou deur strategiese kommunikasie, kreatiewe veldtogte en betrokkenheid. Hulle skep betekenisvolle ervarings wat waarde, tevredenheid en interaksie vir lede en kliënte bevorder.

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa