+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa

Gemeenskaps-
platform

'n Tuiste vir almal, waar geloof en gemeenskap mekaar vind.

Ons webwerf is meer as ‘n inligtingsbron – dis ‘n lewende platform vir betrokkenheid. Hier vind jy stories van hoop, geleenthede vir deelname, en toegang tot ons gemeenskapsnetwerke. Van kerkbasare tot buurtaktiwiteite, GSDP is ‘n spilpunt van samewerking, diens en geloof.

Ons Gemeenskap in Beeld

Van kerkbasare tot sportdae – sien hoe ons gemeenskap saamwerk.

Koor sing vir ouetehuis op lentedag
Dopperspele

Gemeenskapsnuus

Bly op hoogte met die nuutste gebeure en stories uit ons gemeenskap.

Dopperspele ’n groot sukses

17 Mei 2025

Gereformeerde Skool Dirk Postma het die voorreg gehad om Saterdag, 17 Mei 2025 hul terrein beskikbaar te kon stel vir GKSA se 16e Dopperspele. Hierdie spele is deur verskeie Gereformeerde gemeentes begin as ‘n fondsinsamelingsprojek, maar dit het vinnig geblyk dat die onderlinge belewing van geloofsgemeenskap onder verskillende gemeentes ‘n belangrike fokus moet wees. Vir 14 jaar is dit op GK Andeon se terrein aangebied, maar nadat die terrein verkoop is, moes ‘n ander tuiste vir die Dopperspele gevind word.

Ondersteuning

Baie dankie vir voortdurende betrokkendheid by Dirk Postma

Uitgesoekte Storie van die Week

Anna Botha

Ouer

“GSDP is meer as ‘n skool vir ons. Dit is waar ons gesin sy anker gevind het. Die ondersteuning, geloof en gemeenskap het ons lewe verander…”

Vertel Jou Storie

+27 12 332 3222 | [email protected] | Cunninghamlaan 1182, Waverley, Pretoria, South Africa