Graad 8 Inligting
Hartlik welkom aan elke kind wat by Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma (GSDP) aansluit. Ons glo en vertrou dat hierdie nuwe lewensfase sal wees tot opbou en versterking van hom/haar as mens, gebou op ‘n sterk fondament in Christus.
Graad 8 Inligting
Vinnige skakels
Kommunikasie
Die skool het verskeie kommunikasie-kanale om u op hoogte te hou:
Die skool se webtuiste gee belangrike inligting rakende die skool, asook toets- en eksamenroosters. Op die webtuiste is die skool se kalender, met instruksies hoe u die kalender met u eie kalender kan sinchroniseer.
Die D6-toepassing word gebruik vir kommunikasie en betalings. Dit kan op Google Play winkel afgelaai word as D6 School Communicator.
Elke tweede week verskyn die skool se INFO – ‘n algemene skrywe met belangrike reëlings en gebeure by die skool.
Dringende kommunikasie word gedeel op die skool se onderskeie WhatsApp-groepe.
Betalings
GSDP is kontantloos!
Alle betalings word elektronies hanteer vir u gerief en veiligheid.
Betalingsmetodes:
- Elektroniese oorbetaling: Betaal in die skool se rekening met familiekode as verwysing
- D6-toepassing: Maak betalings direk via die app
- SnapScan: Gebruik SnapScan vir vinnige betalings
Snoepiekaart
Die snoepie is ook kontantloos. Leerlinge kan:
- Met ‘n bankkaart by die snoepie betaal, OF
- ‘n Snoepiekaart by die kantoor koop teen R40, waarop geld via die D6-toepassing gelaai kan word
IEB by GSDP
GSDP is deel van die IEB-assesseringsliggaam. Dit was ‘n geleidelike infasering en ons sien uit om DV in 2026 ons eerste graad 12-groep te hê wat die IEB-eksamen gaan aflê.
Belangrike inligting:
- IEB volg nie ‘n ander kurrikulum as die Departement van Onderwys nie – ons volg steeds die KABV-kurrikulum
- IEB is ‘n onafhanklike assesseringsliggaam
- Ons glo en vertrou dat leerlinge wat die IEB graad 12-eksamen aflê baie beter voorbereid sal wees vir verdere studies en die beroepswêreld
- Daar is kostes verbonde aan die aflê van die IEB graad 12-eksamen
Meer Inligting
Meer inligting hieroor sal gedurende Januarie, tydens die Hoërskool se inligtingsaand gegee word.
Selfoonbeleid
GSDP is ‘n selfoonvrye skool.
Leerlinge word toegelaat om hul selfone saam te neem skool toe, maar sal dit elke dag by hul voogonderwyser inhandig, waar dit veilig toegesluit word in die kantoor.
Ons moedig leerlinge aan om liewer hul selfone tuis te los.
Die skool dra geen verantwoordelikheid vir selfone wat beskadig word of wegraak nie.
Psalmboeke
Ons het ‘n kosbare skat van psalms wat ons vir die leerlinge leer.
Elke week: Twee oefenpsalms
Elke dag: Leerlinge moet ‘n Psalmboek saamneem skool toe.
Oefen asseblief ook die psalms by die huis!
Dagboek 2026
Elke graad 8-leerling ontvang ‘n pragtige skooldagboek.
Sluit in:
- Skoollied
- Name van onderwysers en diensraad
- Skoolure
- Skoolreëls en gedragskode
Die graad 8-leerders sal die dagboek GRATIS in Januarie 2026 ontvang.
Sluitkassies
Buitemuurs
Ons skop die eerste kwartaal af met atletiek wat ‘n huissport en ‘n moontlike wegbyeenkoms insluit.
Vervoerkoste
Die wegbyeenkomste bring vervoerkoste mee: Ongeveer R100 per kind per rit
Ander aktiwiteite gedurende die eerste kwartaal:
♟️ Skaak
🏓 Tafeltennis
🏐 Netbal (begin na die atletiekseisoen, gewoonlik einde Februarie)
Ander buitemuurse aktiwiteite soos drama, redenaars en Bybelvasvra se inligting sal deur die loop van die kwartaal gedeel word.
Sosiale Geleenthede
Warmbad Forever Resort
GSDP het die tradisie om elke jaar in Februarie of Maart die hele skool vir die dag na Warmbad Forever Resort te neem.
Koste: Ongeveer R400
(sluit toegangsgeld en busgeld in)
Graad 10 Opvoedkundige Toer
Die graad 10-leerlinge gaan jaarliks op ‘n opvoedkundige toer.
Aanbeveling: Begin reeds in graad 8 om R200 per maand vir die toer in te betaal, sodat die fondse makliker bymekaar gemaak word.
Die toer vind gewoonlik in September van die graad-10 jaar plaas. Vanjaar het die toer ongeveer R7,000 per kind gekos.
Dinee en Lente-ete
Gedurende die jaar vind daar ‘n dinee en lente-ete by die skool plaas. Dit is semi-formele geleenthede wat deur die Diensraad gereël word. Slegs leerlinge van GSDP mag die geleenthede bywoon.
Vakverwante Uitgawes
Rekenaartegnologie
USB stokkie (8GB/16GB) en gemerk
Wiskunde
Nie-programmeerbare wetenskaplike sakrekenaar
Kerkgeskiedenishandboek
Graad 8 behandel deel 1 van die Kerkgeskiedenisreeks. Beskikbaar by die skool se winkel. Die handboek bly die leerling se eiendom.
Bybelse Tydlyn
‘n Belangrike hulpmiddel in die Bybelklas – ‘n groot skat vir elke leerder. In die vorm van ‘n opvoubare boekie.
R180 (groepsbestelling) / R250 (individueel)
Plaas bestelling by Juffrou Sanmari
Skryfbehoeftes
Leerders benodig die basiese skryfbehoeftes: blou penne, potlood, uitveër, liniaal, skêr, gom ensovoorts.
Belangrike Datums
Let Wel: Datums kan moontlik nog verander – hou die skool se kommunikasiekanale dop!
- 12 & 13 Januarie
Groentjiedag - Dinsdag 13 Januarie
Hoërskool Inligtingsaand - Saterdag 17 Januarie
Huissport - Vrydag 23 Januarie
Groentjiekonsert - Vrydag 6 Februarie
Maragon atletiekbyeenkoms - Vrydag 27 Februarie
Warmbad-uitstappie - 13 Maart
Dinee