Van Dirk Postma se eie nuut gestigde hoërskoolkoerant natuurlik!

Die eerste uitgawe van die Postman het in Augustus die lig gesien en is deur die leerders vir die leerders geskryf.

Die uitgawe is provol nuus en interessante brokkies.

Hier is ‘n uittreksel uit een van die berigte oor die ontstaan van die koerant:

As jy hierdie lees beteken dit dat jy ons eie unieke hoërskoolkoerant in jou hande hou!

Wat ‘n lekker mylpaal vir ons skool om met ‘n eie koerant te begin! Ons hoop om met hierdie koerant die werklike lewe en ervarings van ons eie leerlinge vas te vang en om berig te gee oor dit wat hier in ons skool gebeur!

Ons wil dus al die stories en die nuus wat ons skool uniek maak, met jou deel!

Ons hoop dat jy hierdie koerant net soveel sal geniet soos elkeen van die kreatiewe redaksielede wat dit bymekaar gesit het!

Vir ons eerste uitgawe het ons ‘n paar lekker artikels om te lees. Ons berig oor die boeresportdag, die opedag, ‘n onderhoud met meneer Erik en ‘n lekker aktuele tema oor die akademie van die tweede kwartaal. Ons het ook ‘n hele paar speletjies en kompetisies waaraan jy kan deelneem, so sit terug en geniet hierdie splinternuwe bydra tot die Dirkielewe!

Lees gerus die koerant hier.

One Response