Die jaarlikse opedag is ‘n hoogtepunt op die skoolkalender en bied die geleentheid aan voornemende Dirkies om saam met hul ouers die skool te besoek en presies te sien waarvoor Dirk Postma staan en waaroor dit gaan.

Voornemende studente is welkom om die skool vanaf 17:00 te besoek en leerders vanaf gr RRRR-12 is welkom om saam te kom kuier.
Die kleuter-, laer- en hoërskool se terreine is propvol aktiwiteite en uitstallings om die Dirkie-hartklop te wys.
Die kultuur-, sport- en akademiese bedrywighede word ten toon gestel en ouers kry die geleentheid om met die roepingsgedrewe personeel kennis te maak en te gesels.

Die program vir die middag verloop as volg:

  • 17:00 Die opedag begin
  • 18:00 Amptelike opening in die kerk

 

Heerlike ribburgers, geroosterde ham-en-kaas asook kaas toebroodjies word verkoop en verskeie kuierareas verseker ‘n gesellige atmosfeer.
Betalings kan gedoen word deur middel van EFT, via die D6 toep, kontant of SnapScan – alle betalings moet asb. teen Donderdag 25 April 2024 afgehandel wees.

Kos bestellings moet asb. voor of op 22 April 2024 gedoen word, via die Google vorm: Opedag 2024 kos bestellings

‘n Paar praktiese reëlings om van kennis te neem:

  • Parkering is beskikbaar in Totiusdal Parkie tussen Dickensonlaan en Cunninghamlaan, ingang in Tom straat (daar sal sekuriteitswagte wees om die voertuie te beveilig). Sien die grafiese uitleg van die terrein asook parkering hieronder.
  • Besoek gerus alle skoolterreine deur die loop van die middag; die hoërskool aan die noordekant en die laerskool asook kleuterskool aan die suidekant van Dickensonlaan. Ingange te Dickensonlaan tydens die opedag.

 

Ons sien daarna uit om jou by die skool te ontvang!

Opedag-sport

Daar gaan vanmiddag, tussen 17:00 en 18:00 informeel sport gedoen word by die opedag. Alle kinders wat wil, is welkom om saam te kom netbal, jukskei, skaak, hokkie speel op die laerskool se sportveld.

Ons gaan sommer daar spanne maak en teen mekaar speel. Trek jou tekkies aan, bring jou uithouvermoë saam en kom speel lekker saam met jou maats!

Hoe, wat, waar?

Die kaart hieronder dui aan waar die onderskeie geboue asook parkering en ingange is tydens die opedag.

GSDP opedag 2024 kaart & parkering