Huppelkinddag 15 Maart 2024

HUPPELKINDDAG: Ons saal (letterlik) ‘n perd van ‘n ander kleur op

GSDP bied op 15 Maart 2024 die heel eerste Huppelkinddag aan – ‘n middag vol lag, pret, plesier en kuier is op die program.

Huppelkinddag gaan op dieselfde beginsel as ‘n kaskarwedren plaasvind, maar ons saal ‘n perd van ‘n ander kleur op.  In plaas van kaskarre gaan die leerlinge perde (moppe) gebruik om in klasverband soveel kere as moontlik binne ‘n bepaalde tyd om ‘n gemerkte baan met hul perd (mop) te hardloop.  Natuurlik kan ouers, oudleerlinge en vriende van die skool in die pret deel en spanne inskryf.

Alhoewel die doel van die dag is om saam te kuier, koppel ons dit aan die GSDP-Wieleprojek.  Dit is ‘n klein begin na ‘n GROOT DROOM – ‘n bussie / sleepwa en dit is toekomsmusiek in ons ore.  Dit sal die vervoer van leerlinge na en van byeenkomste / uitstappies baie vergemaklik.

Ondersteun asseblief hierdie projek:

  1. Maak seker u kind(ers) neem die middag vanaf 15:00 deel en dat hy/sy dit met oorgawe doen.
  2. Ouers/vriende/oudleerlinge van die skool is welkom om in die pret te kom deel en spanne in te skryf. Dié wedren begin om 17:30. Skryf u span in by https://forms.gle/waqtrcAD5FtqoEHYA.
  3. “Koop” ‘n perdjie – u “koop” ‘n denkbeeldige deel van die perdjie teen ‘n bepaalde bedrag.
  4. Ons verkoop Dirk Postma-“funky socks” teen R 80,00 per paar – hiermee vier ons trots op 15 Maart Nasionale Down Sindroomdag.
  5. Ouers se hulp sal opreg waardeer word- voltooi geurs die vorm en toon so aan waar jy betrokke kan wees https://forms.gle/EN1ykUveWcS2eozU6

Braaivleisvure word voorsien, dit sal teen 16:30 aangesteek word. Kom kuier gesellig saam. 

Bring u eie vleis, eetgerei en stoele. U kan bykosse bestel teen R 50,00 per persoon – bestel dit asseblief teen 8 Maart by https://forms.gle/Pdru45Ua38mUsHMm7.
Daar sal heerlike koue koue koeldrank en lekkernye by die snoepie te koop wees.

"KOOP" 'N PERDJIE

Die Huppelkinddag is ‘n pretdag vol lag en plesier. Kinders, oudleerlinge en vriende van die skool is welkom om deel te neem.

Ons gaan die fondse aanwend vir die GSDP-Wieleprojek en hoop om in die toekoms ‘n bussie / sleepwa, wat die skool dringend benodig, aan te koop.  Ons sal die wiele dan kan gebruik vir die vervoer van leerlinge na en vanaf byeenkomste / uitstappies.

Help ons asseblief om hierdie droom waar te maak deur ‘n perdjie, of ‘n deel daarvan, te “koop”.

Hoe werk dit?  Elke gesin ontvang ‘n “perdjie-vorm”.  Skryf u naam en van in langs die gedeelte van die perd wat u “koop”.

Betaling kan op die volgende wyses geskied:

  • Kontant: op Vrydae tussen 08:00 en 09:00 in die laerskoolpersoneelkamer aan mev Janine Heikens
  • D6 met die verwysing: familiekode+huppelkind
  • EFT:

            ABSA Tjek rekening
            Takkode: 632005
            Rekeningnommer: 90159801
            Verwysing: Familiekode+huppelkind

         Verwysing: Familiekode+huppelkind

"KOOP" 'N PERDJIE

WAT?PRYSNAAM EN VANWAT?PRYSNAAM EN VAN
1Voorhoef - linksR209Bybetaling versekeringR120
2Voorhoef - regsR2010ToomR70
3Agterhoef - linksR2011StangR30
4Agterhoef - regsR2012VoerR40
5SaalR10013
WaterR20
6BuikgordR6014WortelsR10
7SuikerklontjiesR2015Ander bedrag:
8VersekeringR15016Ander bedrag:
TOTAALRTOTAALR
Huppelkind Koop 'n perdjie