Op 27 Oktober 2023 het oud en jonk behoorlik tydens die sportdag baljaar. Selfs die bloedige hitte kon nie die opwinding stuit nie! Sokker en netbal was aan die orde van die dag met verskeie ander speletjies en sport wat die balle laat vlieg het.

 

Sportdag 2023

Die kleuterskool het hul eie kleuterspele gehad met Moot Kinderkinetika wat verskeie ouderdomgepaste sport vir die jonger maats aangebied het. Die laerskoolkinders was so bevoorreg om op hul eie bane sokker en netbal te speel en hier was die ouers behoorlik betrokke as spanbestuurders, tellinghouers en algehele ondersteuners! Blits Hardeware het die kinders se koppe gespuitverf en verder is daar aan individuele speletjies deelgeneem.

Sportdag 2023
Sportdag 2023

Hoërskoolspanne het mekaar van vroeg af op die bane aangedurf en die sports verder by die tafeltennis- en volleybalbaan voortgesit. Frisbee gholf was ook ‘n groot hoogtepunt met verskeie leerders en ouers wat hul staal by die sport probeer wys het.

Sportdag 2023
Sportdag 2023

Van 17:30 was die ouers, oudleerders en vriende van die skool aan die beurt en die kompetisie was styf, en die spiere ná die tyd nog stywer. Dit was heerlik om langs die veld te kuier en die spanne op die veld te ondersteun.

Sportdag 2023
Sportdag 2023

Tussendeur is daar varkespetades op die braaivleisvure gebraai en aan die heerlikste mieliepap en slaaie gesmul.

Te danke aan die top borge uit die gemeenskap kon elke Dirkie met ‘n geskenkie wegstap en kon die wenspanne trots die Optimum-trofee in die lug hou. Soveel besighede uit die omgewing het ‘n bydrae gemaak en gehelp om van ons dag ‘n sukses te maak.

Baie dankie aan Optimum Financial Services Group, HVAC, Sol-Tech, Blits Elektries en Hardeware, Arrie Nel Apteek, LKDA, KikiMoi Koeke, Bounce, Mooi Beautiek & Salon, AJ Renovatum, Akademia, Pick ’n Pay Waverley, Kwikstertjie, Eden & Co, Aros, Bo-Karoo Opleiding, Totiusdal Handelshuis, Waverley Tennisklub, Moot Kinderkinetika, Elmonica Bloemiste, G-Natural, Hair Aroma, Pierre Lotti, Mac Muffin’s Cakes, Roman’s Pizza Waverley en nog vele meer!

Sportdag 2023
Sportdag 2023

Dit was voorwaar ‘n heerlike dag. Volgende jaar maak ons DV weer so!