Van skoolbank tot voor in die klas.

Juffrou Cornelia Bakker gee Natuurwetenskap en Tegnologie vir die Graad 4-7’s. Sy is ‘n Dirkie in murg en been aangesien sy ook ‘n hele paar jaar self by Dirk Postma in die skoolbanke gesit het.

Juffrou Cornelia het in 2018 aan Dirk Postma gematrikuleer en daarna haar onderwysgraad in 2022 deur Aros verwerf. Tussendeur was sy ‘n assistent-onderwyser en so steeds elke dag by die skool.

Hoekom het sy besluit om by Dirk Postma te kom skoolhou?

“Ek geniet dit om GSDP te werk, my wortels is hier begrawe. Ek hou daarvan om omring te wees met mense wat ek ken en ook dieselfde waardes deel. GSDP is my tuiste.”

Ons het ‘n paar vrae aan haar gevra…

  1. Wat is Juffrou se gunstelingboek?

Vir die voëls deur Francois Bloemhof.

  1. Wat is Juffrou se gunsteling soort koek?

Sjokoladekoek.

  1. Wat is Juffrou se klastema?

My klas se tema is kameelperde en blare.

  1. Wat is Juffrou se gunsteling dier?

Natuurlik ‘n kameelperd. Ek het ‘n geboortevlek wat lyk soos ‘n kameelperd se kop.

  1. Wat is Juffrou se gunsteling soort skoen?

My wit tekkies en vellies, dit pas by alles en is baie gemaklik.

  1. Wat is Juffrou se gunsteling kar?

‘n Oulike ou Volkswagen Beetle.

  1. Kies een: vliegtuig of sneltrein.

Die een wat my die vinnigste op vakansie kan vat.

  1. Beskryf Juffrou self in 5 woorde.

Vriendelik, liefdevol, geduldig, spontaan en perfeksionisties – soms te veel.

  1. Wat was Juffrou se gunstelingvak op skool gewees?

Ek was nog altyd mal oor Wiskunde en Natuurwetenskap. Ek hou van probleme oplos en was nog altyd mal oor die natuur en skepping. Ek wil altyd meer en meer uitvind.

  1. Wat is Juffrou se belangrikste klasreël?

Respek vir jou juffrou, maar veral vir jou maats en dit kom uit in hoe ons met mekaar praat.