Deur Elrike Buys

Die hoërskoolredaksie het dit goed gedink om vir hom ‘n paar vrae te vra voor hy ons finaal verlaat:

 

  1. Wat het meneer gelei om die besluit te neem om na Kanada te emigreer?

“Die skool in Kanada het my genader om te praat oor die moontlikheid om daar hoof te word. Covenant Canadian Reformed School (CCRS) was reeds meer as 2 jaar sonder ‘n hoof. Dit is ‘n moeilike besluit omdat ek baie lief is vir Suid-Afrika, maar ek voel geroepe om die werk daar op te volg.”

 

  1. Hoe het meneer se voorneme om na Kanada te emigreer meneer persoonlik en as gesin beïnvloed?

“Dit is ‘n besluit wat as gesin geneem moet word. Die land, die mense en GSDP vorm deel daarvan. Dit skep opgewondenheid aan die een kant, maar baie onsekerheid aan die anderkant omdat dit onbekend is.”

 

  1. Vertel ons meer oor die skool waar meneer gaan werk.

“CCRS is ‘n skool soos Dirk Postma. Dit is gestig deur die Canadian Reformed Church vir Graad R-12. Dit is op die platteland, koud en anders as waaraan ek gewoond is, maar met dieselfde beginsels.”

 

  1. Wat is meneer se gedagtes oor die Kanadese samelewing en kultuur?

“As mens kyk na Kanada as geheel is daar baie uitdagings vir ons as gelowiges, maar dit beteken nie dat ons nie daar hoort nie. In die kerklike opset is hulle nog behoudend en ek glo dat mens juis dan jou lig baie helder moet laat skyn.”

 

  1. Hoe verskil die onderwysstelsel in Kanada van dié in ons land?

“Snaaks genoeg is dit baie dieselfde as hier, behalwe dat dit Engels is.”

 

  1. Wat het meneer by ons skool geleer wat meneer graag wil saamvat na die skool in Kanada?

“Alles! Letterlik alles! Ek het hier onervare begin en stap weg met baie herinneringe, ervaring en mense wie ek kan bel vir advies.”

 

  1. Wat gaan meneer die meeste van ons skool mis?

“Die kinders – soet en stout.”

 

  1. As meneer een ding van Suid-Afrika kon saamvat, wat sou dit wees?

“Die son.”

 

Dit is ‘n moeilike besluit wat meneer geneem het, en die Hoër- en Laerskool Dirk Postma gaan hom vreeslik baie mis! Ons wensmeneer die seën van die Here toe by sy nuwe werk in Kanada.